2 KORINTIËRS 2:14
2 KORINTIËRS 2:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek.
2 KORINTIËRS 2:14 Bybel vir almal (ABA)
Ons moet vir God dankie sê, Hy wys altyd vir almal dat ons aan Christus behoort en dat Christus die Koning is wat sy vyande oorwin het. God gebruik ons sodat mense oral vir Christus kan leer ken. Dit is soos wanneer 'n mens iets ruik.
2 KORINTIËRS 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.
2 KORINTIËRS 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.
2 KORINTIËRS 2:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar dank aan God, wat ons altyd deur •Christus in sy triomftog meevoer, en die geur van sy kennis op elke plek deur ons versprei.