2 KORINTIËRS 2:10-11
2 KORINTIËRS 2:10-11 Bybel vir almal (ABA)
As julle iemand vergewe wat iets verkeerd gedoen het, dan vergewe ek hom ook. Dit was nie so belangrik dat ék daardie persoon moes vergewe nie, maar toe ek hom vergewe het, het ek dit gedoen om vir julle te leer hoe julle saam met ander mense moet lewe. Ek het dit ook gedoen omdat ek vir Christus werk. Julle moet onthou, die Satan mag ons nie verkeerd laat besluit met sy skelm planne nie. Ons weet watter planne hy altyd het. Hy wil ons keer sodat ons nie reg lewe nie.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie. Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En vir hom wat julle iets vergeef, vergeef ek ook. Wat ek inderdaad vergeef het – as ek iets vergeef het – was ter wille van julle, voor die aangesig van •Christus, sodat Satan nie die oorhand oor ons kry nie. Ons is immers nie onbekend met sy planne nie.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan wie julle enigiets vergewe, vergewe ek ook; want as ek iets vergewe het, aan wie ek dit vergewe het, het ek dit ter wille van julle vergewe in die persoon van Christus; Sodat Satan ons nie bevoordeel nie, want ons is nie onkundig oor sy planne nie.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Die Boodskap (DB)
As julle bereid is om op God se pad te stap deur hierdie man te vergewe, sal ek dit ook doen. Eintlik het ek dit al klaar om julle onthalwe gedoen. Regtig. Ek jok nie. Christus weet dit. As ons hierdie man nie vergewe nie, speel ons so reg in Satan se hand. ’n Bakleiery onder gelowiges pas hom baie goed. Hy probeer sy bes om dit reg te kry, soos ons almal weet.
2 KORINTIËRS 2:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Want as ek iets het om te vergewe, het ek dit reeds gedoen ter wille van julle, in die teenwoordigheid van Christus. Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!