2 KORINTIËRS 12:12
2 KORINTIËRS 12:12 Bybel vir almal (ABA)
Ek het baie maal by julle dinge gedoen wat wys dat ek 'n ware apostel is. Ek het tekens en wonderwerke gedoen en ander dinge wat wys hoe sterk God is.
2 KORINTIËRS 12:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die kentekens tog van 'n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.
2 KORINTIËRS 12:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dinge wat 'n apostel kenmerk, het ek met groot geduld by julle verrig: tekens en wonders en kragtige dade.
2 KORINTIËRS 12:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit wat 'n •apostel kenmerk, is inderdaad by julle verrig, met alle volharding, met tekens en wonders en kragtige dade.
2 KORINTIËRS 12:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, die tekens van 'n apostel is onder julle gedoen in alle lankmoedigheid, in tekens en wonders en magtige dade.