2 KORINTIËRS 10:3-5
2 KORINTIËRS 10:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ons lewe op die aarde, maar wanneer ons veg teen die duiwel, dan doen ons dit nie soos wêreldse mense nie. Nee, ons veg met wapens, maar dit is nie wapens van die wêreld nie. Hierdie wapens het baie krag omdat dit God se wapens is, ons kan die vyand se sterk mure afbreek met daardie wapens. Ons breek die vyand se slim woorde af. Mense dink dinge wat keer sodat hulle nie vir God kan leer ken nie, en hulle is trots wanneer hulle so dink. Maar ons breek alles af wat hulle dink. Ja, ons maak gevangenes van alles wat mense dink sodat die mense gehoorsaam kan wees aan Christus.
2 KORINTIËRS 10:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus
2 KORINTIËRS 10:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
2 KORINTIËRS 10:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want al tree ons in menslike swakheid op, voer ons die stryd nie in menslike swakheid nie. Die wapens van ons stryd is immers nie menslik nie, maar, danksy God, kragtig om sterk vestings af te breek, redenasies te vernietig, en ook elke skans wat opgerig word teen die kennis van God. Ook neem ons elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus
2 KORINTIËRS 10:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al wandel ons in die vlees, voer ons geen stryd na die vlees nie. (Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp;) Verwerping van verbeeldinge en elke hoë ding wat homself verhef teen die kennis van God, en elke gedagte gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus
2 KORINTIËRS 10:3-5 Die Boodskap (DB)
Natuurlik is ons net doodgewone mense, maar ons leef glad nie volgens die reëls van hierdie wêreld nie. Nee, ons is in ’n voltydse oorlog gewikkel om die goeie nuus uit te dra. Maar ons wapens is nie mensgemaakte wapens nie. Gelukkig nie! Ons staan in die Here se diens; daarom kry ons al ons wapens by Hom. Daarmee vernietig ons alles wat in die pad van die goeie nuus staan, selfs die heel sterkste vestings van die vyand. Met hierdie wapens vernietig ons elke vals argument. Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê.
2 KORINTIËRS 10:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.