2 KRONIEKE 36:1-21

2 KRONIEKE 36:1-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die burgers van die land het Josia se seun Joahas geneem en hom koning in Jerusalem gemaak in sy pa se plek. Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en het drie maande in Jerusalem geregeer. Die koning van Egipte het vir Joahas afgesit as koning in Jerusalem en die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud. Daarna het die Egiptiese koning vir Eljakim, Joahas se broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas, Jojakim se broer, saamgevat Egipte toe. Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Jojakim aangeval en hom geboei met bronskettings om hom na Babel toe te vat. Nebukadnesar het van die goed in die huis van die Here ook na Babel toe gevat en dit in sy tempel in Babel gesit. Die ander verhale oor Jojakim, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeteken in Die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg. Jojagin was agtien jaar toe hy koning geword het en het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Met die wisseling van die jaar het koning Nebukadnesar hom na Babel toe laat haal saam met die kosbare goed in die huis van die Here, en sy broer Sedekia koning oor Juda in Jerusalem gemaak. Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Hy het nie berou getoon toe die profeet Jeremia hom op bevel van die Here aangespreek het nie. Ook teen koning Nebukadnesar, aan wie hy voor God trou gesweer het, het hy hom verset. Hy was koppig en onversetlik in sy weiering om hom tot die Here die God van Israel te bekeer. Al die leiers van die priesters en die volk het ook weer in groot troueloosheid verval na die voorbeeld van die afskuwelike optrede van die heidennasies, en hulle het die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, ontwy. Die Here die God van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middel van sy boodskappers, want Hy was begaan oor sy volk en sy woning, maar hulle het die boodskappers van God uitgelag, sy woorde geminag en sy profete gespot totdat die toorn van die Here oor sy volk losgebreek het. Die straf was onherroeplik. Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek, en dié het die jongmanne van Juda doodgemaak binne in die heiligdom en nie jongman of meisie, grysaard of invalide ontsien nie. Die Here het almal in die mag van die koning van Babel gegee. Alles wat in die tempel was, of dit groot was of klein, die skatte van die huis van die Here, van die koning en sy amptenare, alles het hy na Babel toe gevat. Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem afgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes. Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het. So is die woord van die Here vervul wat deur middel van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig jaar.

2 KRONIEKE 36:1-21 Bybel vir almal (ABA)

Die mense van die land het vir Joahas seun van Josia geneem en hulle het hom koning gemaak in Jerusalem ná sy pa. Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was drie maande lank koning in Jerusalem. Maar toe het die koning van Egipte vir Joahas gevang en hy het 'n ander koning gekies in Joahas se plek. Hy het gesê die mense van die land moet boete betaal. Hulle moes 100 talente silwer en een talent goud betaal. Die koning van Egipte het Joahas se broer Eljakim koning gemaak van Juda en van Jerusalem en hy het Eljakim se naam verander, die koning het vir hom die naam Jojakim gegee. Neko het Jojakim se broer Joahas na Egipte geneem. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Koning Nebukadnesar van Babel het gekom en hy het vir Jojakim aangeval en hom gevang. Hy het vir Jojakim vasgemaak met kettings en na Babel geneem. Nebukadnesar het ook party van die goed wat in die tempel was, na Babel geneem en hy het dit daar in sy paleis gesit. Die ander dinge wat Jojakim gedoen het, die dinge wat hy gedoen het wat die Here gehaat het, en die dinge wat met hom gebeur het, dit is geskryf in die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het koning geword ná hom. Jojagin was ag jaar oud toe hy koning geword het, en hy was drie maande en tien dae lank koning in Jerusalem. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Toe dit lente was, het koning Nebukadnesar gesê hulle moet vir Jojagin gaan haal en na Babel bring. Hulle moet ook die kosbare goed van die tempel saambring. Nebukadnesar het toe vir Sedekia, Jojagin se broer, koning gemaak. Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Hy het dinge gedoen waarvan sy God die Here nie hou nie, en hy het homself nie verneder toe die profeet Jeremia vir hom gesê het wat die Here sê nie. Hy het belowe dat hy sal doen wat koning Nebukadnesar sê en hy het gesê God moet die getuie wees, maar hy was opstandig teen Nebukadnesar. Sedekia was hardkoppig, hy wou nie sy lewe verander en terugkom na die Here, die God van Israel, nie. Die leiers van die priesters en die volk het meer en meer ontrou geword aan die Here, hulle het gedoen soos die ander volke, hulle het dinge gedoen wat die Here haat. Hulle het die tempel in Jerusalem ontwy, die tempel wat die Here aan Homself gewy het. Die Here, die God van hulle voorvaders, het aangehou om sy boodskappers na hulle toe te stuur, want Hy wou graag genadig wees vir sy volk en sy woonplek. Maar hulle het gelag vir die boodskappers van God. Hulle het gedink God se boodskappe is nie belangrik nie, hulle het sy profete gespot. Die Here het later so kwaad geword vir sy volk dat Hy hulle nie weer wou red nie. Die Here het die koning van die Galdeërs gestuur om die mense van Juda aan te val. Hy het hulle jongmanne by hulle gewyde tempel doodgemaak. Hy het niemand vry laat wegkom nie, hy het die jongmanne en jongmeisies, die oumense en swak mense en siek mense doodgemaak. Die Here het hulle almal vir Nebukadnesar gegee. Nebukadnesar het al die goed in die tempel na Babel geneem, die groot goed en klein goed, en ook alles in die stoorkamers van die tempel en in die stoorkamers van die koning en sy amptenare. Hulle het die tempel afgebrand en hulle het die muur van die stad Jerusalem afgebreek. Hulle het die mooi huise afgebrand en hulle het alles verwoes wat kosbaar is. Nebukadnesar het die mense wat hy nie doodgemaak het nie, gevang en weggevat na Babel. Hulle was slawe vir hom en vir die konings ná hom totdat die konings van Persië begin het om te regeer. So het gebeur wat die Here gesê het toe Hy die profeet Jeremia gestuur het. Die Here het gesê: “Die land sal verwoes bly totdat genoeg Sabbatdae verbygegaan het. Dit sal een lang rustyd van 70 jaar word.”

2 KRONIEKE 36:1-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem. Drie-en-twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer. En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud. Daarop het die koning van Egipte sy broer Éljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jójakim; maar Nego het sy broer Jóahas saamgeneem en hom na Egipte gebring. Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God. Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer. Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit. Die verdere geskiedenis van Jójakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword. Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak. EEN-EN-TWINTIG jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jeremia, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE. En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie. Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad. Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee. En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring. En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is. En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het, sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

2 KRONIEKE 36:1-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die burgers van die land het Josia se seun Joahas geneem en hom koning in Jerusalem gemaak in sy pa se plek. Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en het drie maande in Jerusalem geregeer. Die koning van Egipte het vir Joahas afgesit as koning in Jerusalem en die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud. Daarna het die Egiptiese koning vir Eljakim, Joahas se broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas, Jojakim se broer, saamgevat Egipte toe. Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Jojakim aangeval en hom geboei met bronskettings om hom na Babel toe te vat. Nebukadnesar het van die goed in die huis van die Here ook na Babel toe gevat en dit in sy tempel in Babel gesit. Die ander verhale oor Jojakim, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeteken in Die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg. Jojagin was agtien jaar toe hy koning geword het en het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Met die wisseling van die jaar het koning Nebukadnesar hom na Babel toe laat haal saam met die kosbare goed in die huis van die Here, en sy broer Sedekia koning oor Juda in Jerusalem gemaak. Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Hy het nie berou getoon toe die profeet Jeremia hom op bevel van die Here aangespreek het nie. Ook teen koning Nebukadnesar, aan wie hy voor God trou gesweer het, het hy hom verset. Hy was koppig en onversetlik in sy weiering om hom tot die Here die God van Israel te bekeer. Al die leiers van die priesters en die volk het ook weer in groot troueloosheid verval na die voorbeeld van die afskuwelike optrede van die heidennasies, en hulle het die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, ontwy. Die Here die God van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middel van sy boodskappers, want Hy was begaan oor sy volk en sy woning, maar hulle het die boodskappers van God uitgelag, sy woorde geminag en sy profete gespot totdat die toorn van die Here oor sy volk losgebreek het. Die straf was onherroeplik. Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek, en dié het die jongmanne van Juda doodgemaak binne in die heiligdom en nie jongman of meisie, grysaard of invalide ontsien nie. Die Here het almal in die mag van die koning van Babel gegee. Alles wat in die tempel was, of dit groot was of klein, die skatte van die huis van die Here, van die koning en sy amptenare, alles het hy na Babel toe gevat. Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem afgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes. Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het. So is die woord van die Here vervul wat deur middel van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig jaar.

2 KRONIEKE 36:1-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die volk van die land het Jehoagas, seun van Josia, geneem en hom in Jerusalem koning gemaak in die plek van sy vader. Jehoagas was drie-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank as koning geheers in Jerusalem. Die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land 'n boete opgelê van honderd kikkar silwer en een kikkar goud. Die koning van Egipte het toe Eljakim, sy broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem. Hy het sy naam verander na Jojakim. Nego het sy broer Jehoagas weggevat en hom na Egipte geneem. Jojakim was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE sy God. Teen hom het Nebukadnesar, die koning van Babilonië, opgetrek en hom met bronsboeie geboei om hom na Babel te neem. Van die toebehore in die huis van die HERE is deur Nebukadnesar na Babel geneem. Hy het dit in sy paleis in Babel neergesit. Die verdere geskiedenis van Jojakim, sy afstootlike dinge wat hy gedoen het, en wat teen hom gevind is, kyk, dit is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het in sy plek koning geword. Jojagin was agttien jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande en tien dae lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE. Teen die jaarwending het koning Nebukadnesar mense gestuur, en hy het hom na Babel laat neem, saam met kosbare voorwerpe uit die huis van die HERE. Hy het toe sy broer Sedekia koning gemaak oor Juda en Jerusalem. Sedekia was een-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE sy God. Hy het hom nie verootmoedig voor Jeremia, die profeet, wat die mondstuk van die HERE was nie. Selfs teen koning Nebukadnesar, wat hom by God 'n eed laat aflê het, het hy in opstand gekom. Hy was hardnekkig en het sy hart verhard, en nie na die HERE, die God van Israel, teruggekeer nie. Ook al die leiers van die priesters en die volk het, in navolging van die afstootlike gebruike van die nasies, al hoe meer ontrou opgetree. Hulle het die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. Die HERE, die God van hulle voorouers, het telkens weer aan hulle boodskappe gestuur by monde van sy boodskappers, want Hy het omgegee vir sy volk en sy woonplek. Hulle het egter telkens die gek geskeer met die boodskappers van God en sy woorde versmaai, terwyl hulle met sy profete die spot gedryf het, totdat die HERE se woede teen sy volk opgelaai het, totdat geen herstel meer moontlik was nie. God het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek. Hy het hulle jong manne binne-in hulle heiligdom met die swaard doodgemaak. Hy het geen jong man of maagd, oumens of verswakte gespaar nie. Almal is in sy hand gegee. Al die toebehore in die huis van God, groot en klein, die skatte van die huis van die HERE en van die koning en sy •hoë amptenare, alles het hy na Babel geneem. Hulle het die huis van God afgebrand, die stadsmure van Jerusalem afgebreek, al die stad se vestings verbrand en so alle kosbare voorwerpe daarin vernietig. Hy het dié wat oorgebly het ná die gevegte, in ballingskap weggevoer na Babilonië, waar hulle slawe was vir hom en sy nageslag, totdat die koninkryk van Persië aan die bewind gekom het. Dit het gebeur, sodat die woord van die HERE, aangekondig by monde van Jeremia, vervul is. Totdat die land sy verlore Sabbatsjare ingehaal het, het dit gerus, die hele tyd wat dit onbewerk gelê het, om die profesie van sewentig jaar te vervul.

2 KRONIEKE 36:1-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe het die volk van die land Joahas, die seun van Josia, geneem en hom in Jerusalem koning gemaak in die plek van sy vader. Joahas was drie en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. En die koning van Egipte het hom in Jerusalem neergesit en die land veroordeel in honderd talente silwer en 'n talent goud. En die koning van Egipte het sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander na Jojakim. En Nego het sy broer Jóahas geneem en hom na Egipte gebring. Jojakim was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God. Teen hom het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek en hom in boeie geboei om hom na Babel te bring. Nebukadnésar het ook van die voorwerpe van die huis van die HERE na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel neergesit. En die verdere geskiedenis van Jojakim en sy gruwels wat hy gedoen het, en wat in hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jojagin het in sy plek geregeer. Jojagin was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. En toe die jaar verby was, het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel gebring, met die pragtige voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedekia koning gemaak oor Juda en Jerusalem. Sedekia was een en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God en hom nie verneder voor die profeet Jeremia wat uit die mond van die HERE gespreek het nie. En hy het ook in opstand gekom teen koning Nebukadnésar, wat hom by God laat sweer het; Verder het al die priesterhoofde en die volk baie oortree volgens al die gruwels van die heidene; en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. En die HERE, die God van hulle vaders, het na hulle gestuur deur sy boodskappers, betyds opgestaan en gestuur; omdat Hy hom ontferm het oor sy volk en oor sy woonplek; Maar hulle het die boodskappers van God gespot en sy woorde verag en sy profete misbruik totdat die toorn van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing was nie. Daarom het hy die koning van die Chaldeërs oor hulle gebring, wat hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood het, en hy het geen medelye gehad met die jongman of die meisie, die ou man of hom wat vanweë die ouderdom gebuk gegaan het nie; hy het hulle almal gegee in sy hand. En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste; dit alles het hy na Babel gebring. En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem afgebreek en al die paleise daarvan met vuur verbrand en al sy mooi voorwerpe vernietig. En die wat van die swaard ontvlug het, het Hy na Babel weggevoer; waar hulle dienaars van hom en sy seuns was tot die regering van die koninkryk van Persië. Om die woord van die HERE deur die mond van Jeremia te vervul totdat die land sy sabbatte geniet het

2 KRONIEKE 36:1-21 Die Boodskap (DB)

Die mense van die land het Josia se seun Joahas in sy plek koning in Jerusalem gemaak. Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Die Egiptiese koning het hom toe sy koningskap ontneem en die land met omtrent drie en ’n half ton silwer en 34 kilogram goud beboet. Die Egiptiese koning het toe sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam na Jojakim verander. Hy het Joahas as gevangene saamgevat Egipte toe. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojakim gedoen het nie. Koning Nebukadnesar van Babel het hom aangeval, met dik kettings vasgebind en na Babel toe weggevat. Nebukadnesar het ook voorwerpe uit die tempel van die Here vir homself gevat en dit in sy tempel in Babel gaan sit. Die res van Jojakim se geskiedenis, al die slegte dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeskryf in Die Geskiedenis van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom opgevolg. Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het. Hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojagin gedoen het nie. In die lente van die volgende jaar het Nebukadnesar hom na Babel toe laat bring. ’n Klomp van die kosbare voorwerpe van die Here se tempel is toe ook na Babel toe weggevat. Nebukadnesar het Jojagin se broer Sedekia koning van Juda en Jerusalem gemaak. Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Sedekia gedoen het nie. Hy het geweier om na die profeet Jeremia, wat namens God gepraat het, te luister. Sedekia het ook teen Nebukadnesar in opstand gekom, selfs al het hy in die Here se Naam gesweer dat hy aan Nebukadnesar getrou sou wees. Sedekia was hardkoppig. Hy het volstrek geweier om hom aan die Here, Israel se God, te onderwerp. Die leiers van die priesters en die volk was ook ongehoorsaam aan die Here. Hulle het ander volke se godsdienstige gebruike aangehang en die Here se tempel onrein gemaak met al hulle sondes. Die Here hulle God het keer op keer weer profete na hulle toe gestuur om hulle te waarsku, want Hy was jammer vir sy volk en vir sy tempel. Maar die mense het die boodskappers afgelag en hulle boodskappe verwerp. Hulle het die profete bespot totdat die Here só kwaad was dat Hy besluit het om hulle swaar te straf. Die Here het toe die koning van Babel gebruik om die mense van Juda te straf. Die Babiloniërs het die jongmans van Juda doodgemaak, selfs binne-in die tempel. Hulle het niemand oorgesien nie, geen jongmens nie. Nie eers die oumense is gespaar nie. Die Here het hulle almal in die hande van die koning van Babel oorgelaat. Nebukadnesar het alles wat in die tempel gebruik is, vir homself gevat. Hy het ook al die skatte wat in die Here se tempel, die koning se paleis en in die hoë amptenare se besit was, vir hom gevat. Daarna het hy die tempel van God aan die brand gesteek, die stadsmuur van Jerusalem afgebreek en al die deftige huise in die stad afgebrand. So is alles wat waardevol was, vernietig. Nebukadnesar het die mense wat nie doodgemaak is nie, na Babel toe weggevat. Hulle moes as slawe vir hom en sy seuns gaan werk. Dit het aangehou totdat die koninkryk van Persië die Babiloniërs verslaan het. Toe dit gebeur het, het ’n boodskap van die Here wat deur Jeremia oorgedra is, waar geword: “Die land het uiteindelik sy sabbatsrus geniet toe hy vir 70 jaar verlate was.”

2 KRONIEKE 36:1-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die burgers van die land het Josia se seun Joahas in Jerusalem in die plek van sy pa koning gemaak. Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het, maar hy het net drie maande in Jerusalem regeer. Neko, die koning van Egipte, het koning Joahas in Jerusalem onttroon en die land met ’n halwe ton silwer en 34 kilogram goud beboet. Die koning van Egipte het Eljakim, broer van Joahas, as die nuwe koning van Juda en Jerusalem aangestel. Hy het ook die naam van Eljakim verander na Jojakim. Neko het Joahas as gevangene na Egipte toe geneem. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het elf jaar in Jerusalem regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE sy God. Koning Nebukadnesar van Babel het na Jerusalem toe gekom en dit ingeneem. Hy het Jojakim met bronskettings geboei en hom na Babel toe geneem. Nebukadnesar het ook van die skatte uit die tempel van die HERE gevat en dit in sy paleis in Babel gesit. Die ander gebeurtenisse tydens Jojakim se regering, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en alles wat teen hom gevind is, is opgeteken in Die boek van die konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg. Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het, maar hy het net drie maande en tien dae in Jerusalem regeer. Jojagin het gedoen wat verkeerd was vir die HERE. In die lente het koning Nebukadnesar hom laat haal. Hulle het ook baie kosbare voorwerpe uit die tempel van die HERE geneem en dit na Babel toe gebring. Hy het Sedekia, die oom van Jojagin, oor Juda en Jerusalem koning gemaak. Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar in Jerusalem regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE sy God en het nie berou gehad toe Jeremia die profeet die woorde van die HERE verkondig het nie. Hy het ook teen koning Nebukadnesar in opstand gekom al het hy ’n eed van getrouheid voor God afgelê. Sedekia was hardkoppig en onversetlik en het geweier om terug te draai na die HERE die God van Israel. Al die leiers van die priesters en die volk het al meer ontrou geword. Hulle het die heidense praktyke van die omringende nasies gevolg en die tempel van die HERE in Jerusalem, wat Hy geheilig het, ontheilig. Die HERE die God van hulle voorouers het herhaaldelik sy profete gestuur om hulle te waarsku, want Hy het medelye gehad met sy volk en sy woning, maar hulle het met die boodskappers van God gespot, sy woorde geminag en sy profete uitgelag totdat die woede van die HERE teen sy volk ontbrand het en daar vir hulle nie meer genesing was nie. Die HERE het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek. Hy het hulle jong mans in die heiligdom met die swaard afgemaai, en geen genade aan jong man of jong meisie, bejaardes of verswaktes betoon nie. God het hulle almal in Nebukadnesar se mag oorgegee. Hy het al die voorwerpe in die tempel van God, groot en klein, die skatte van die HERE se tempel en die skatte in die koninklike paleis en sy amptenare weggevat na Babel toe. Hulle het die tempel van God aan die brand gesteek, die mure van Jerusalem afgebreek en die paleise verbrand, en elke ding van waarde vernietig. Almal wat ontkom het aan die swaard, is na Babel toe geneem. Hulle het slawe van die koning en sy seuns geword totdat die Perse die mag oorgeneem het. So is die boodskap van die HERE vervul wat deur Jeremia gebring is. Die land het ’n sabbatsrus beleef toe dit 70 jaar lank ontvolk was soos die profeet gesê het.