2 KRONIEKE 26:14-15
2 KRONIEKE 26:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Ussia het wapens gegee vir al die manne in die leër. Hy het vir hulle skilde, spiese, helms, harnasse, pyl en boë, en klippe vir die slingervelle gegee. Ussia het in Jerusalem groot wapens gehad wat sy slim mense uitgevind en gemaak het. Die groot wapens het op die torings en die hoeke van die stad gestaan en hulle kon pyle en groot klippe skiet. Die Here het vir Ussia wonderlik gehelp, en Ussia se leër het sterk geword. Al die mense het geweet van hom.
2 KRONIEKE 26:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms en pantsers en boë en slingerstene. Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, 'n uitvinding van 'n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het.
2 KRONIEKE 26:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ussia het hulle, die hele leër, uitgerus met skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boë, en klippe vir hulle slingervelle. In Jerusalem het hy uitvindsels gehad wat deur slim mense ontwerp is en wat bo van die forte en van die hoeke af pyle en groot klippe kon afskiet. Sy roem het wyd gestrek. Hy het op 'n wonderbare wyse hulp ontvang en hy het 'n magtige man geword.
2 KRONIEKE 26:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ussia het hulle, die hele leër, voorsien van kleinskilde, steekspiese, helms, harnasse, boë en klippe vir slingervelle. In Jerusalem het hy oorlogstuig, die uitvindsel van deskundiges, gemaak vir die torings en hoeke van die stadsmuur om pyle en groot klippe te skiet. Sy roem het ver versprei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy so sterk was.
2 KRONIEKE 26:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ussia het vir hulle in die hele leër skilde en spiese en helms en berge en boë en slingers berei om klippe te gooi. En hy het in Jerusalem masjiene gemaak, uitgedink deur geslepe manne, om op die torings en op die skanse te wees, om pyle en groot klippe mee te skiet. En sy naam het ver versprei; want hy is wonderlik gehelp totdat hy sterk was.
2 KRONIEKE 26:14-15 Die Boodskap (DB)
Ussia het die leër uitgerus met skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boë, en slingerklippe. Hy het ook goeie veiligheidsraamwerke gehad wat op die torings en die hoeke van Jerusalem opgerig is. Van daar af kon hulle pyle afskiet en groot klippe op aanvallers afgooi. Ussia het wyd en syd bekend geword. Deur God se goedheid het hy baie magtig geword.
2 KRONIEKE 26:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ussia het die hele leër voorsien van skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boë en slingervelle. Hy het in Jerusalem bedrewe manne gehad wat uitvindsels gemaak het waarmee pyle en groot klippe bo van die torings en die hoeke van die muur af geskiet kon word. Sy roem het ver en wyd versprei, want hy het wonderlike hulp ontvang en het só baie magtig geword.