1 TIMOTEUS 6:6-7
1 TIMOTEUS 6:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog is ware godsdiens saam met tevredenheid ’n groot rykdom. Ons het immers niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons kan ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie.
1 TIMOTEUS 6:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer 'n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie. Want ons het niks ingebring in die wêreld nie, en ons kan ook niks uitneem uit die wêreld nie.
1 TIMOTEUS 6:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
1 TIMOTEUS 6:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.
1 TIMOTEUS 6:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan. Ons het immers niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan niks daaruit wegneem nie
1 TIMOTEUS 6:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar godsaligheid saam met vergenoegdheid is groot wins. Want ons het niks in hierdie wêreld ingebring nie, en dit is seker dat ons niks kan uitdra nie.