1 TIMOTEUS 6:3-5
1 TIMOTEUS 6:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Daar is vals profete wat vir die gelowiges ander dinge wil leer. Die vals profete glo nie die woorde van ons Here Jesus Christus nie. Hy het vir ons die regte dinge geleer. Die vals profete glo ook nie die mense wat vir ons leer hoe om vir God te dien nie. Die mense wat vir die gelowiges ander dinge wil leer, is hoogmoedig, maar hulle weet niks. Hulle is soos mense wie se gees siek is. Hulle wil altyd met ander mense twis en oor woorde stry. Dan word mense jaloers, hulle stry met mekaar, hulle sê slegte dinge van ander mense en hulle dink slegte dinge van ander mense. Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het 'n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand 'n ander leer verkondig, en hom nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus •Christus, en by die leer wat met die ware godvresendheid ooreenstem nie, is hy verwaand en sonder begrip, en het hy eerder 'n sieklike aptyt vir meningsverskille en stryery oor woorde. Dit lei tot afguns, rusie, lastering, bose suspisies, aanhoudende geredekawel onder mense wie se denke ontaard het, en wat van die waarheid beroof is, en dink dat godvresendheid winsgewend is.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand anders leer en nie instem tot heilsame woorde nie, selfs die woorde van onse Here Jesus Christus, en met die leer wat volgens die godsaligheid is; Hy is trots, hy weet niks, maar hy is mal oor vrae en twis van woorde, waarvan afguns, twis, lasteringe, slegte vermoedens kom, Verdraaide twis van mense met verdorwe verstand en gebrek aan die waarheid, met die veronderstelling dat wins godsvrug is; onttrek jou van sulkes.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Die Boodskap (DB)
Sê nou iemand wil julle meer oor die godsdiens leer, maar hy vertel net ’n klomp stories wat nie waar is nie. Dit is glad nie wat die Here Jesus Christus vir ons vertel en geleer het nie. Na so iemand moet jy nie eens luister nie. Hy self dink natuurlik hy weet baie, maar eintlik weet hy niks. Hy sal gewoonlik oor alles wil stry en ’n yslike argument begin oor wat ’n spesifieke woord nou juis beteken. Hierdie ongesonde houding van hom sal maak dat mense later vies raak vir mekaar. Hulle sal jaloers op mekaar word, lelike dinge van mekaar sê en mekaar so verdag maak. Hulle sal aanmekaar stry en baklei omdat hulle deurmekaar is. Hulle sal nie meer mooi kan dink nie en dan nie meer weet wat waar is nie. Hulle dink dat godsdiens eintlik daar is om geld mee te maak.
1 TIMOTEUS 6:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sommige vals leraars ontken dalk hierdie dinge, maar dit is die gesonde, heilsame leer van die Here Jesus Christus en dit is die fondament vir ’n godvresende lewe. Enigiemand wat enigiets anders leer, is nie net verwaand nie, maar ook dom. Só ’n mens het ’n ongesonde begeerte om oor die betekenis van woorde te kibbel. Dit veroorsaak argumente wat eindig in jaloesie, stryd, beledigings en bose agterdog. Hierdie mense veroorsaak altyd moeilikheid. Hulle gedagtes is korrup, en hulle praat nie die waarheid nie. Vir hulle is godsdiens net ’n manier om ryk te word.