1 TIMOTEUS 5:7-12
1 TIMOTEUS 5:7-12 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die mense te sê, sodat almal heeltemal reg sal lewe. Maar wanneer iemand nie vir sy eie mense sorg nie, ook nie vir sy eie huisgesin nie, dan is hy nie meer 'n gelowige nie, dan is hy slegter as die mense wat nie in Christus glo nie. Wanneer 'n weduwee 60 jaar oud is, dan mag julle haar naam op die lys van weduwees skryf, maar nie voordat sy 60 jaar oud is nie. En sy moet net een man gehad het. Die ander mense moet mooi dinge oor hierdie weduwee kan vertel. Mense moet weet en sê dat sy haar kinders goed grootgemaak het, dat sy goed was vir vreemdelinge, dat sy die voete van ander gelowiges gewas het, dat sy mense gehelp het wat swaargekry het, dat sy baie dinge gedoen het wat goed is. Maar jy moenie die jonger weduwees se name op die lys van weduwees skryf nie, want wanneer hulle aan mans dink, dan vergeet hulle miskien dat hulle vir Christus moet werk, en dan wil hulle graag weer trou. Dan is hulle skuldig, want hulle doen nie wat hulle vir Christus belowe het nie.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees. Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige. Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het. Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skerp ook hierdie dinge in, sodat almal onberispelik kan wees. As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige. 'n Weduwee kan op die lys van dienende weduwees kom as sy minstens sestig jaar oud is en aan haar man getrou was. Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders goed opgevoed het, vreemdelinge gehuisves het, die voete van die gelowiges gewas het, die verdruktes gehelp het en goed gedoen het waar sy kon. Jonger weduwees moet jy nie in die lys opneem nie. Hulle liggaamlike begeertes kan hulle daartoe bring om hulle af te wend van Christus af en weer te wil trou. Dan is hulle daaraan skuldig dat hulle hulle vroeëre belofte aan Hom verbreek het.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Beveel hulle hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees. Maar as iemand nie na sy eie mense omsien nie, en veral nie na sy huisgenote nie, het hy die geloof verloën, en is hy slegter as 'n ongelowige. Laat 'n weduwee op die dienslys geplaas word as sy nie jonger as sestig jaar is nie, en die vrou van een man was, as daar van haar goeie werke getuig word, as sy kinders goed grootgemaak het, as sy gasvry was, as sy die voete van •heiliges gewas het, as sy mense in verdrukking bygestaan het, as sy haar toegespits het op elke goeie werk. Maar sluit jonger weduwees uit, want wanneer hulle drange hulle weglok van •Christus, wil hulle trou; en dan word hulle veroordeel, omdat hulle hulle eerste belofte verbreek het.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hierdie dinge gee beheer, sodat hulle onberispelik kan wees. Maar as iemand nie vir sy eie sorg nie, en veral vir dié van sy huis, het hy die geloof verloën en is erger as 'n ongelowige. Laat 'n weduwee nie onder sestig jaar oud word wat die vrou van een man was nie, Goed bekend vir goeie werke; as sy kinders grootgemaak het, as sy vreemdelinge gelos het, as sy die voete van die heiliges gewas het, as sy die ellendige verlos het, as sy elke goeie werk ywerig nagevolg het. Maar die jonger weduwees weier; met verdoemenis, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Die Boodskap (DB)
Sê dit vir die families sodat hulle nie onnodig die verkeerde dinge doen nie. As iemand nie meer na sy eie mense wil omsien nie en veral nie meer vir sy gesin wil sorg nie, moet hy nie sê dat hy in die Here glo nie. Hy tree slegter op as iemand wat sommer reguit sê dat hy nie in die Here glo nie. Wie kan nou kwalifiseer vir die lys weduwees? ’n Vrou wat 60 is, kan op die lys kom, maar dan moes sy getrou gewees het aan haar man. Sy moet bekend wees vir die goeie lewe wat sy lei. Sy moes mooi na haar kinders gekyk en hulle goed grootgemaak het. Mense moes altyd by haar welkom gevoel het en sy moes altyd gewillig gewees het om ander te dien, al was die takie hoe nederig. Sy moes altyd daar gewees het om te help as iemand hulp nodig gehad het. Die leuse van haar lewe moet wees: doen goed aan ander. Moenie jonger weduwees se name op die lys sit nie. Hulle kan dalk weer trou, want as hulle ’n man begin begeer, kan dit dalk vir hulle belangriker word as om die Here te dien. Dan doen hulle dalk nie meer alles wat die Here van hulle verwag nie. Dan kan mense hulle dalk verwyt omdat hulle hulle woord verbreek het.
1 TIMOTEUS 5:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gee hierdie opdragte aan die gemeente sodat die weduwees wat julle onderhou, nie berispe word nie. Dié wat nie hulle eie familie versorg nie, veral dié wat in dieselfde huishouding woon, verloën wat ons glo. Sulke mense is slegter as ongelowiges. ’n Weduwee wat op die lys vir dienende weduwees kom, moet ’n vrou van ten minste 60 jaar oud wees. Sy moes getrou aan haar man gewees het. Sy moet gerespekteer wees deur almal vanweë die goeie dade wat sy gedoen het. Het sy haar kinders goed opgevoed? Was sy gasvry teenoor vreemdelinge? Het sy ander gelowiges nederig gedien? Het sy dié wat in die moeilikheid was, gehelp? Het sy altyd reggestaan om goed te doen? Die jonger weduwees moenie op die lys kom nie, want hulle liggaamlike behoeftes sal hulle toewyding aan Christus bedreig, en hulle sal wil hertrou. Dan sal hulle skuldig wees aan die verbreking van hulle vorige belofte.