1 TIMOTEUS 5:4
1 TIMOTEUS 5:4 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer 'n weduwee kinders of kleinkinders het wat vir haar kan sorg, dan moet die kinders of kleinkinders weet dat sy hulle eie familie is en dat hulle vir haar moet sorg. So moet hulle vir God dien. Hulle moet vir hulle ouers en grootouers sorg soos hulle ouers voorheen vir húlle gesorg het. Dit is wat God wil hê hulle moet doen.
1 TIMOTEUS 5:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
1 TIMOTEUS 5:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, moet die kinders leer om as gelowiges allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom en so hulle ouers en grootouers iets te vergoed. Dit is volgens die wil van God.
1 TIMOTEUS 5:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle leer om in die eerste plek hulle godsdienstige pligte teenoor hulle eie familie na te kom, en hulle ouers en grootouers te vergoed; want dit is aanneemlik in die oë van God.
1 TIMOTEUS 5:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as enige weduwee kinders of nefies het, laat hulle eers leer om vroomheid by die huis te betoon en om hulle ouers te vergeld; want dit is goed en welgevallig voor God.
1 TIMOTEUS 5:4 Die Boodskap (DB)
Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, moet jy hulle leer dat godsdiens in jou eie huis begin. Om vir jou eie familie te sorg en op dié manier dankie te sê vir wat jou pa en ma of ouma en oupa alles vir jou gedoen het, is godsdiens in aksie. Daarvan hou God baie.