1 TIMOTEUS 4:7-8
1 TIMOTEUS 4:7-8 Die Boodskap (DB)
Juis daarom moet jy jou nie steur aan al die stories wat mense uitdink en wat eintlik niks met God te doen het nie. Sorg jy liewer dat jy God reg dien. Jy moet oefen om dit te doen soos ’n atleet oefen om fiks te bly. ’n Atleet wat oefen om fiks te bly doen goed, maar dit help nie vir alles nie. Om egter geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help ’n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde én die lewe wat vir ons wag in die toekoms.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; want liggaamlike oefening is wel in 'n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar weier onheilige en ou vrouens se fabels, en oefen jou liewer tot godsaligheid. Want liggaamlike oefening baat min, maar die godsaligheid is vir alles nuttig, met die belofte van die lewe wat nou is en van die toekomstige.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense wat niks van God weet nie, mense wat self stories maak en vertel, stories wat niks beteken nie. Jy moenie na hulle stories luister nie. Jy moet oefen om God altyd beter te dien. Wanneer 'n mens jou liggaam oefen, dan help dit 'n bietjie. Maar wanneer 'n mens oefen om vir God beter te dien, dan help dit heeltemal, want God belowe om vir 'n mens die ewige lewe te gee, nou en in die tyd wat later kom.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.
1 TIMOTEUS 4:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid. Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.