1 TIMOTEUS 4:4
1 TIMOTEUS 4:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aangesien alles wat God geskep het goed is, moet ons nie enigiets daarvan verwerp nie. Ons moet dit met blydskap ontvang, met dankbare harte.
1 TIMOTEUS 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet.
1 TIMOTEUS 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie
1 TIMOTEUS 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie
1 TIMOTEUS 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie
1 TIMOTEUS 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want elke skepsel van God is goed en niks wat verwerp moet word as dit met danksegging ontvang word nie.
1 TIMOTEUS 4:4 Die Boodskap (DB)
Ons wat op God vertrou en weet wat waar is en wat nie, eet daardie selfde kos sonder enige probleme, want God het dit mos gemaak. Om die waarheid te sê, ons sê ook nog vir Hom dankie daarvoor. En dit is reg so, want alles wat God gemaak het, is goed. ’n Mens hoef nie jou neus op te trek vir enigiets as jy vir God daarvoor dankie sê nie. God self het vir ons gesê dat alles wat gemaak is Syne is.