1 TIMOTEUS 4:3,8
1 TIMOTEUS 4:3 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is.
1 Timoteus 4:8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n mens jou liggaam oefen, dan help dit 'n bietjie. Maar wanneer 'n mens oefen om vir God beter te dien, dan help dit heeltemal, want God belowe om vir 'n mens die ewige lewe te gee, nou en in die tyd wat later kom.
1 TIMOTEUS 4:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
I TIMÓTHEÜS 4:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
1 TIMOTEUS 4:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik.
1 TIMOTEUS 4:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.
1 TIMOTEUS 4:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet.
1 Timoteus 4:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want liggaamlike oefening is wel in 'n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.
1 TIMOTEUS 4:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
verbied om te trou en beveel om te onthou van voedsel wat God geskep het om met danksegging ontvang te word van die wat glo en die waarheid ken.
1 Timoteus 1 Timoteus 4:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want liggaamlike oefening baat min, maar die godsaligheid is vir alles nuttig, met die belofte van die lewe wat nou is en van die toekomstige.
1 TIMOTEUS 4:3 Die Boodskap (DB)
Dink net, hulle sê mense mag nie trou nie en vertel vir hulle dat hulle sekere kos nie mag eet nie. Wat hulle vergeet, is dat God alles gemaak het, ook die kos.
1 Timoteus 4:8 Die Boodskap (DB)
Jy moet oefen om dit te doen soos ’n atleet oefen om fiks te bly. ’n Atleet wat oefen om fiks te bly doen goed, maar dit help nie vir alles nie. Om egter geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help ’n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde én die lewe wat vir ons wag in die toekoms.
1 TIMOTEUS 4:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle sal sê dit is verkeerd om getroud te wees en verkeerd om sekere kosse te eet. Maar God het daardie kosse geskep om met danksegging geëet te word deur mense wat die waarheid ken en glo.