1 TIMOTEUS 4:12-16
1 TIMOTEUS 4:12-16 Bybel vir almal (ABA)
Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe. Jy moet dit vir hulle wys met wat jy sê en met jou mooi lewe. Jy moet wys dat jy lief is vir mense, en jy moet aanhou glo en jy moet heeltemal reg lewe. Jy moet aanhou om vir die gemeente te lees uit die Bybel. Jy moet aanhou om vir hulle te sê hoe hulle moet lewe en jy moet aanhou om vir hulle te leer. Jy moet dit doen totdat ek kom. Jy moet aanhou om die genadegawe te gebruik wat jy gekry het. Die Here het hierdie genadegawe vir jou gegee. Die profete het dit gesê, en die ouderlinge het hulle hande op jou gesit. Jy moet aanhou om hierdie dinge te doen, jy moet so lewe dat almal kan sien dat jy meer en meer glo. Jy moet baie goed dink en versigtig wees oor hoe jy lewe en wat jy vir die mense leer. Jy moet aanhou om reg te lewe en om vir die mense reg te leer, want as jy hierdie dinge doen, dan sal jy jouself red en ook die mense wat luister na jou.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid. Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee. Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie. Dit is aan jou gegee deur die profesieë toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het. Lê jou op hierdie dinge toe, leef daarin, sodat almal jou vordering kan sien. Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy jou toelê op voorlesing, bemoediging en onderrig. Moenie die genadegawe in jou verwaarloos wat deur profesie aan jou geskenk is toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het nie. Lê jou toe op hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vordering vir almal duidelik kan wees. Wees noulettend op jouself en die leer; volhard daarin; want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat niemand jou jeug verag nie; maar wees 'n voorbeeld van die gelowiges in woord, in gesprek, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, gee aandag aan lees, vermaning, leer. Verwaarloos nie die gawe wat in jou is, wat aan jou gegee is deur profesie, met die handoplegging van die ring nie. Peins oor hierdie dinge; gee Uself geheel en al aan hulle; sodat u voordeel aan almal kan verskyn. Let op jouself en op die leer; bly daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself sowel as die wat na jou luister red.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Die Boodskap (DB)
Moenie dat mense op jou neersien omdat jy so jonk is nie. Neem liewer die leiding onder hulle en wys vir hulle hoe ’n Christen moet praat en wat ’n Christen moet doen. Ja, wys vir hulle hoe ’n Christen moet liefhê en op God en Christus moet vertrou, en hoe skoon ’n Christen se lewe moet wees. Hou aan om vir mense uit die Skrif voor te lees en praat met hulle daaroor sodat hulle ook meer van God se boodskap kan verstaan. Moenie ophou of vergeet om die gawe te gebruik wat God jou so onverdiend gegee het nie. Dit is die gawe wat God jou gegee het toe die leiers in die gemeente hulle hande op jou gesit het omdat God mense gelei het om sulke mooi dinge oor jou te voorspel. Probeer jou bes en doen jou deel so goed jy kan sodat almal kan sien hoe jy as Christen ryper word. Maak doodseker dat jy reg lewe en ander so leer. Moenie ’n duim van hierdie pad afwyk nie. As jy op hierdie pad bly, sal nie net jy by God uitkom nie, maar ook almal wat luister na wat jy vir hulle sê.
1 TIMOTEUS 4:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit. Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig. Moenie die geestelike gawe verwaarloos wat jy ontvang het deur die profesieë wat oor jou uitgespreek is toe die ouderlinge van die gemeente jou die hande opgelê het nie. Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien. Let goed op jouself en jou leer. Bly getrou aan wat reg is, en jy sal jouself red sowel as almal wat na jou luister.