1 TIMOTEUS 4:1-4
1 TIMOTEUS 4:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik. Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie
1 TIMOTEUS 4:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste dae sommige mense van die geloof afvallig sal word, omdat hulle hulle ophou met dwaalgeeste en die leringe van demone. Hulle word beïnvloed deur die skynheiligheid van leuenaars, wie se gewete toegeskroei is. Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet. Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie
1 TIMOTEUS 4:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer. Die mense wat daardie dinge vir die gelowiges leer, is skynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie. Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is. Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet.
1 TIMOTEUS 4:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie
1 TIMOTEUS 4:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Gees spreek uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof sal afvallig word en ag gee op verleidende geeste en leringe van duiwels; Spreek lê in skynheiligheid; dat hulle gewete met 'n warm yster geskroei word; verbied om te trou en beveel om te onthou van voedsel wat God geskep het om met danksegging ontvang te word van die wat glo en die waarheid ken. Want elke skepsel van God is goed en niks wat verwerp moet word as dit met danksegging ontvang word nie.
1 TIMOTEUS 4:1-4 Die Boodskap (DB)
Die Heilige Gees het baie duidelik gesê dat in die tyd voor die Here weer kom party mense niks meer met geloof te doen sal wil hê nie. Hulle sal eerder agter geeste aanhardloop wat hulle op verkeerde paaie lei en sal gretig luister na wat demone vir hulle vertel. Dit sal gebeur wanneer hulle hulle ore uitleen aan mense wat kamma goed is, maar eintlik almal kul en vir almal lieg. Hierdie mense sal nie eens omgee om hulle op allerhande verkeerde paaie te lei nie, want hulle het geen gewete meer oor nie. Hulle sal nie eens sleg voel oor al die godsdienstige onsin wat hulle verkoop nie. Dink net, hulle sê mense mag nie trou nie en vertel vir hulle dat hulle sekere kos nie mag eet nie. Wat hulle vergeet, is dat God alles gemaak het, ook die kos. Ons wat op God vertrou en weet wat waar is en wat nie, eet daardie selfde kos sonder enige probleme, want God het dit mos gemaak. Om die waarheid te sê, ons sê ook nog vir Hom dankie daarvoor. En dit is reg so, want alles wat God gemaak het, is goed. ’n Mens hoef nie jou neus op te trek vir enigiets as jy vir God daarvoor dankie sê nie. God self het vir ons gesê dat alles wat gemaak is Syne is.
1 TIMOTEUS 4:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom. Hierdie dwaalleraars is skynheiliges en leuenaars. Hulle gee voor om godsdienstig te wees, maar hulle gewete is dood. Hulle sal sê dit is verkeerd om getroud te wees en verkeerd om sekere kosse te eet. Maar God het daardie kosse geskep om met danksegging geëet te word deur mense wat die waarheid ken en glo. Aangesien alles wat God geskep het goed is, moet ons nie enigiets daarvan verwerp nie. Ons moet dit met blydskap ontvang, met dankbare harte.