1 TIMOTEUS 2:3-6
1 TIMOTEUS 2:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle só bid, dan is dit reg. God, ons Redder, wil dit so hê. God wil graag al die mense red en Hy wil hê dat hulle moet weet wat die waarheid is. Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het.
1 TIMOTEUS 2:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd
1 TIMOTEUS 2:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.
1 TIMOTEUS 2:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense: die mens •Christus Jesus, wat Homself as losprys vir almal gegee het, tot getuienis op die bestemde tyd.
1 TIMOTEUS 2:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit is goed en welgevallig in die oë van God, ons Verlosser; wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus; wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het om op die regte tyd getuig te word.
1 TIMOTEUS 2:3-6 Die Boodskap (DB)
So hoort dit en so hou God, wat ons gered het, daarvan. God wil hê alle mense moet na Hom toe kom en by Hom leer wat waar is. Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus. Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee. Op die regte tyd het Hy gewys dat God mense graag by Hom wil hê.
1 TIMOTEUS 2:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, want Hy wil dat almal verlos word en die waarheid verstaan. Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee om vryheid vir elkeen te koop. Dit is die boodskap wat God aan die wêreld gegee het op die bestemde tyd.