1 TIMOTEUS 2:3-5
1 TIMOTEUS 2:3-5 Die Boodskap (DB)
So hoort dit en so hou God, wat ons gered het, daarvan. God wil hê alle mense moet na Hom toe kom en by Hom leer wat waar is. Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 2:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle só bid, dan is dit reg. God, ons Redder, wil dit so hê. God wil graag al die mense red en Hy wil hê dat hulle moet weet wat die waarheid is. Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus.
1 TIMOTEUS 2:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus
1 TIMOTEUS 2:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus
1 TIMOTEUS 2:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense: die mens •Christus Jesus