1 TIMOTEUS 1:15-17
1 TIMOTEUS 1:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dié uitspraak is betroubaar, en werd om ten volle aanvaar te word, dat Christus Jesus na die wêreld gekom het om sondaars te verlos, van wie ek die heel grootste is. Ek is juis om hierdie rede begenadig, sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy geduld kon betoon, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sou glo met die oog op die ewige lewe. Aan die Koning van die eeue, die onsterflike, onsienlike, enigste God kom toe eer en heerlikheid vir ewig en ewig. •Amen.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Wat ek nou wil sê, is waar, julle kan dit glo: Christus Jesus het na die wêreld gekom om sondaars te red. Ek is die grootste sondaar. Maar Christus Jesus was baie goed vir my. Ek was die grootste sondaar, maar Hy het vir my gewys dat Hy baie geduldig is. Daarom het ek 'n voorbeeld geword vir ander mense, mense wat ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan kry. Ek bid dat die mense altyd vir God sal eer en prys, God wat altyd Koning is en wat altyd lewe. Ons sien nie vir God nie, net Hy is God. Amen.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe. Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is 'n betroubare woord en verdienste om aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red; van wie ek hoof is. Maar daarom het ek barmhartigheid verkry, dat Jesus Christus in my eerstens alle lankmoedigheid kon betoon, as 'n voorbeeld vir die wat hierna in Hom sou glo tot die ewige lewe. Nou aan die Koning, die ewige, onsterflike, onsigbare, die enigste wyse God, kom toe eer en heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Die Boodskap (DB)
Luister hierna, want niemand kan hieroor stry nie: Jesus Christus het na die wêreld toe gekom om mense wat verkeerd lewe, te help om weer God se vriende te word; ek weet, want as dit by ’n slegte lewe kom, het ek voor in die ry gestaan. Juis daarom was Jesus so goed vir my. Slegter as wat ek was, kan niemand wees nie, maar so het Jesus duidelik gewys dat Hy nie moed verloor met selfs die slegstes onder ons nie. Ons moet dit onthou as voorbeeld vir almal wat Jesus nog gaan teëkom en wat dan vir ewig saam met God gaan lewe omdat hulle op Jesus vertrou. Laat ons nooit ophou om die enigste God groot te maak en vir almal te vertel hoe wonderlik Hy is nie. Hy is ons Heerser vir altyd; niemand kan Hom sien nie en Hy gaan ook nie dood nie. So is dit en so sal dit bly.
1 TIMOTEUS 1:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal. Maar juis daartoe was God my genadig dat Christus Jesus aan my, die ergste sondaar van almal, God se groot geduld kon illustreer en my as voorbeeld kon gebruik vir hulle wat nog sal glo en só die ewige lewe sal ontvang. Aan die ewige Koning, die onsterflike, onsigbare, enigste God, die eer en die heerlikheid vir ewig en altyd. Amen.