1 TIMOTEUS 1:1-2
1 TIMOTEUS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop. Aan Timoteus, my eie kind in die geloof. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!
1 TIMOTEUS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Ek, Paulus, is die skrywer van hierdie brief. Jesus Christus het my spesiaal gestuur om vir almal die goeie nuus te vertel. God, wat ons red, en Christus Jesus wou dit so gehad het. Ons vertrou mos vir Jesus om al God se beloftes vir ons waar te maak. Hierdie brief is vir jou, Timoteus. Jy is my ware geestelike seun, want jy glo ook in Jesus Christus. Mag God ons Vader, en Christus Jesus ons Here, baie goed vir jou wees, meer as wat jy verdien. Mag jy hulle warm hart van liefde elke dag ervaar en mag dit vir jou daardie wonderlike vrede gee wat ’n mens net by God en Christus kan kry.
1 TIMOTEUS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is 'n apostel van Christus Jesus. God en Christus Jesus het vir my gesê dat ek 'n apostel van Christus Jesus moet wees, God wat vir ons gered het en Christus Jesus wat sal doen wat Hy belowe het. Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir jou, Timoteus. Jy is vir my soos my eie kind, want ek het jou gehelp om in Christus te glo. Ek bid dat God die Vader en Christus Jesus ons Here genadig sal wees vir jou en dat Hy goed sal wees vir jou wanneer jy swaarkry. Ek bid ook dat Hy vir jou vrede sal gee.
1 TIMOTEUS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop, aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!
1 TIMOTEUS 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel van •Christus Jesus, in opdrag van God, ons Verlosser, en van Christus Jesus, ons hoop, aan Timoteus, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en Christus Jesus, ons Here.
1 TIMOTEUS 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die gebod van God, ons Verlosser, en Here Jesus Christus, wat ons hoop is; Aan Timoteus, my eie seun in die geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van God ons Vader en Jesus Christus ons Here.
1 TIMOTEUS 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus, aangestel op bevel van God ons Verlosser en Christus Jesus ons hoop. Ek skryf aan Timoteus, my ware kind in die geloof. Mag die genade, die ontferming en die vrede van God ons Vader en Christus Jesus ons Here met jou wees.