1 TESSALONISENSE 4:13
1 TESSALONISENSE 4:13 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons wil graag hê dat julle moet weet wat sal gebeur met die gelowiges wat gesterf het. As julle dit weet, dan sal julle nie huil en treur soos die heidene wat niks het wat hulle kan hoop nie.
1 TESSALONISENSE 4:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
1 TESSALONISENSE 4:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie.
1 TESSALONISENSE 4:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap het nie, sodat julle nie treur soos die ander mense wat nie hoop het nie.
1 TESSALONISENSE 4:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees nie, broeders, aangaande die ontslapenes, sodat julle nie treur soos ander wat geen hoop het nie.
1 TESSALONISENSE 4:13 Die Boodskap (DB)
My broers en susters, ek wil nie hê julle moet vrae hê oor wat gaan gebeur met dié gelowiges wat reeds dood is op daardie dag wanneer Christus terugkom na die wêreld toe nie. Moenie so hartseer wees soos ongelowiges wat geen hoop het wanneer hulle geliefdes doodgaan nie.