1 TESSALONISENSE 4:11-12
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook probeer om stil en rustig te lewe. Julle moenie nuuskierig wees oor ander mense nie. En julle moet self hard werk, soos ons gesê het julle moet doen. Dan sal die mense buite die gemeente, die mense wat nie in Christus glo nie, julle respekteer. En julle sal ook alles kry wat julle nodig het.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het, sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien, soos ons dit aan julle voorgehou het. Dan sal julle eerbare leefwyse die agting van die mense buite die gemeente afdwing, en julle sal van niemand afhanklik wees nie.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en dit vir julle 'n saak van eer te maak om rustig te wees, julle met julle eie sake te bemoei, en met julle eie hande te werk, soos ons julle opdrag gegee het. Sodoende sal julle eerbaar kan leef in die oë van die buitestanders en van niemand afhanklik wees nie.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat julle studeer om stil te bly en om julle eie sake te doen en om met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het; sodat julle eerlik kan wandel teenoor die wat buite is, en julle aan niks ontbreek nie.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Die Boodskap (DB)
Leef op so ’n manier dat ander mense vir julle respek sal hê. Leef rustig en sorg self vir julle gesin. Verdien julle geld deur self daarvoor te werk. Ek het hierdie dinge vir julle gesê toe ek by julle was. As julle dit doen, sal ander mense wat nie aan die kerk behoort nie, ook respek vir julle hê. Boonop sal julle dan ook genoeg hê om van te leef sodat julle niemand in die oë hoef te kyk nie.
1 TESSALONISENSE 4:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.