1 TESSALONISENSE 2:11-12
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet goed dat ons vir elkeen van julle lief was soos 'n pa lief is vir sy kinders. Ons het met julle gepraat soos 'n pa met sy kinders praat. Ons het gesê julle moenie moedeloos word nie, julle moet aanhou probeer. Ons het gesoebat dat julle so moet lewe dat God tevrede sal wees met julle. Want dit is Hý wat vir julle gekies het, Hy wil julle Koning wees en oor julle regeer.
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos 'n pa sy kinders het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê.
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net so weet julle ook hoe ons vir elkeen van julle soos 'n vader vir sy eie kinders was, terwyl ons julle vermaan en bemoedig, en aanspoor om 'n lewe te lei wat dié God waardig is wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid geroep het.
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos julle weet hoe ons elkeen van julle vermaan en vertroos en besweer het, soos 'n vader sy kinders doen, dat julle sou wandel waardig God, wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid geroep het.
1 TESSALONISENSE 2:11-12 Die Boodskap (DB)
Ons het nie een van julle sleg behandel nie. Soos ’n pa wat mooi met sy kinders praat en hulle aanmoedig om die regte dinge te doen, het ons mooi met julle almal gepraat. Ons het by julle gepleit om God te verheerlik deur alles wat julle doen en sê. Hy self het julle uitgesoek om deel te wees van sy hemelse koninkryk en om te deel in sy heerlikheid.