1 SAMUEL 9:1
1 SAMUEL 9:1 Die Boodskap (DB)
In die Benjaminstreek was daar ’n man met die naam Kis. Sy pa, Abiël, en dié se voorouers, Seror, Bekorat en Afiag, het aan die Benjaminstam behoort. Kis was ’n ryk man.
1 SAMUEL 9:1 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man van die Benjamin-stam. Sy naam was Kis, en hy was die seun van Abiël seun van Serur seun van Bekorat seun van Afiag. Hy was 'n belangrike man in die Benjamin-stam.
1 SAMUEL 9:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Abíël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Afíag, 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.
1 SAMUEL 9:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, en hy was 'n seun van Abiël seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet en 'n ryk man.
1 SAMUEL 9:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, 'n seun van Abiël, seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.