1 SAMUEL 3:17
1 SAMUEL 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eli sê toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.”
1 SAMUEL 3:17 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Eli: “Wat het die Here vir jou gesê? Jy moet alles vir my vertel en niks wegsteek nie. Ek bid dat die Here jou sal straf as jy enige iets vir my wegsteek. Vertel vir my alles wat Hy vir jou gesê het.”
1 SAMUEL 3:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.
1 SAMUEL 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eli sê toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.”
1 SAMUEL 3:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Eli: “Wat is dit wat Hy vir jou gesê het? Moet dit tog nie vir my wegsteek nie. Mag God jou swaar straf as jy enigiets vir my wegsteek van alles wat Hy vir jou gesê het.”
1 SAMUEL 3:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Wat is die woord wat die HERE vir jou gesê het? Verberg dit tog nie vir my nie; God doen so aan jou, en meer as jy iets vir my verberg van alles wat Hy vir jou gesê het.