1 SAMUEL 25:24
1 SAMUEL 25:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het by sy voete neergeval en gesê: “Die blaam rus op my, my heer. Laat my, u dienares, asseblief direk met u praat en luister na die woorde van u dienares.
1 SAMUEL 25:24 Die Boodskap (DB)
Terwyl sy so by Dawid se voete op haar knieë staan, sê sy vir hom: “Dit is alles mý skuld, Meneer! Mag ek asseblief met u praat, en sal u so vriendelik wees om na my te luister?
1 SAMUEL 25:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy val toe by sy voete neer en sê: “Verskoon my tog asseblief, Meneer. Luister tog na wat ek vertroulik vir u wil sê.
1 SAMUEL 25:24 Bybel vir almal (ABA)
Sy het by Dawid se voete gaan lê en gesê: “Meneer, dit is my skuld. Ek wil asseblief met jou praat, jy moet luister na my.
1 SAMUEL 25:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op mý, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.