1 SAMUEL 21:10-15
1 SAMUEL 21:10-15 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het daardie selfde dag nog verder weggevlug van Saul. Hy het na koning Akis van die stad Gat gegaan. Akis se amptenare het vir hom gesê: “Dit is Dawid, die koning van die land. Dit is die man vir wie die vroue gedans en gesing het. Hulle het gesê: “ ‘ Saul het duisende manne oorwin, maar Dawid het tienduisende oorwin.’ ” Toe Dawid hoor wat die amptenare sê, het hy geskrik en hy het baie bang geword vir koning Akis van Gat. Toe hy by die Filistyne kom, het hy gemaak of hy nie weet wat hy doen nie. Hy het gemaak of hy mal is. Hy het met sy vingers op die deure van die poorte gekrap en hy het spoeg in sy baard laat afloop. Akis het vir sy amptenare gesê: “Kyk daar, julle kan sien die man is mal. Hoekom bring julle hom na my toe? Hier is baie mal mense. Hoekom bring julle hierdie mal man ook na my toe? Hierdie man moenie in my huis kom nie.”
1 SAMUEL 21:10-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom. Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende? En Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat. Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop. Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe? Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom?
1 SAMUEL 21:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierná het Dawid klaargemaak en dieselfde dag nog van Saul af weggevlug na koning Akis van Gat toe. Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!” Toe Dawid besef wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat. Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop. Akis het vir sy amptenare gesê: “Julle kan mos sien die man is mal. Waarom bring julle hom na my toe? Het ek behoefte aan mal mense dat julle hierdie een na my toe bring om by my mal te wees? Moet hý in my huis inkom?”
1 SAMUEL 21:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het gereedgemaak en dieselfde dag nog vir Saul gevlug, en by Agis die koning van Gat aangekom. Agis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit dan nie Dawid dié, die koning van die land nie? Is dit nie vir hom wat hulle in hulle kringdanse gesing het nie? “ ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!’ ” Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bang geword vir Agis, die koning van Gat. Hy het hom toe voor hulle oë kranksinnig gehou. Hy het voorgegee dat hy waansinnig is terwyl hy in hulle hande was, en het merke gemaak op die poortdeure en die kwyl in sy baard laat afloop. Agis het vir sy amptenare gesê: “Kyk, julle sien die man gedra hom soos 'n mal mens – waarom bring julle hom na my toe? Het ek 'n tekort aan mal mense dat julle hierdie man gebring het om sy mal streke hier by my te kom uithaal? Moet hierdie man in my huis inkom?”
1 SAMUEL 21:10-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dawid het hom klaargemaak en daardie dag uit vrees vir Saul gevlug en na Agis, die koning van Gat, gegaan. En die dienaars van Agis sê vir hom: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie die een vir die ander van hom in koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende? En Dawid het hierdie woorde in sy hart opgelê, en hy was baie bevrees vir Agis, die koning van Gat. En hy het sy gedrag voor hulle verander en hom in hulle hande gek gemaak en aan die deure van die poort gekrap en sy speeksel op sy baard laat val. Toe sê Agis vir sy dienaars: Kyk, julle sien die man is kranksinnig; waarom het julle hom dan na my toe gebring? Het ek mal manne nodig, dat julle hierdie man gebring het om die mal man voor my te speel? sal hierdie man in my huis kom?
1 SAMUEL 21:10-15 Die Boodskap (DB)
Dawid het daardie dag vir Saul gevlug en by Akis, die koning van Gat, uitgekom. Akis se paleiswerkers sê toe vir hom: “Maar dis mos Dawid, die koning van die land! Dis mos oor hóm wat die vroue sing as hulle in die rondte dans: “Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.” Toe Dawid agterkom wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat. Hy het toe voor hulle gemaak of hy mal is. Toe hulle hom vang, het hy hom stapelgek gehou: hy het met sy naels aan die deure by die dorp se ingang gekrap en die spoeg het oor sy baard geloop. “Kan julle nie sien die man is van sy kop af nie?” sê Akis vir die paleiswerkers. “Hoekom bring julle hom hier na my toe? Dink julle ek het mal mense nodig dat julle dié vent hierheen bring om sy manewales hier uit te haal? Vat hom uit my paleis uit!”
1 SAMUEL 21:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid het nog dieselfde dag van Saul af weggevlug en by Akis, die koning van Gat, aangekom. Maar Akis se amptenare het gevra: “Is dit dan nie Dawid, die koning van die land nie? Is dit nie die een wat die mense met danse vereer het en oor wie hulle gesing het: ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende’ nie?” Dawid het hierdie opmerkings gehoor en was bang dat Akis teen hom sou optree. Daarom het hy gemaak of hy mal is deur teen die poorte te krap en sy spoeg teen sy baard te laat afloop. Toe sê Akis vir sy amptenare: “Kan julle nie sien die man is mal nie? Hoekom bring julle hom na my toe? Het ons nog mal mense nodig dat julle hom na my toe bring om voor my mal te wees? Hoekom moet ek so iemand in my huis toelaat?”