1 SAMUEL 2:1-3
1 SAMUEL 2:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Hanna het gebid en gesê: “Ek is vrolik, want die Here is by my. Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. Daar is nie 'n ander heilige God soos die Here nie, net U is God, daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie 'n ander Rots soos ons God nie. Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen.
1 SAMUEL 2:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie. Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
1 SAMUEL 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Hanna het gebid: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het. Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie. “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.
1 SAMUEL 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hanna het gebid en gesê: “My hart juig in die HERE, ek is sterk in die HERE. Ek maak my mond wyd oop teenoor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. “Niemand is heilig soos die HERE nie, ja, daar is niemand buiten U nie; daar is geen rots soos ons God nie. Julle moet nie verwaand bly praat nie, nie vermetele woorde oor julle lippe laat kom nie; want 'n God van kennis is die HERE; deur Hom word dade geweeg.
1 SAMUEL 2:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hanna het gebid en gesê: My hart is bly in die HERE, my horing is verhewe in die HERE; my mond is wyd oor my vyande; want ek is bly oor u verlossing. Daar is niemand o men soos die HERE nie, want daar is niemand buiten U nie, en daar is geen rots soos onse God nie. Praat nie meer so hoogmoedig nie; laat geen hoogmoedigheid uit jou mond kom nie, want die HERE is 'n God van kennis, en deur Hom word die dade geweeg.
1 SAMUEL 2:1-3 Die Boodskap (DB)
Hanna het gebid en gesê: Ek is opgewonde oor wat U, Here, gedoen het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so bly dat U my gehelp het! Daar is geen god soos U nie. Ja, daar is geen god buiten U nie. Daar is nie nog ’n rots soos ons God nie. Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen.
1 SAMUEL 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Hanna gebid: “My hart is bly in die HERE! Kyk hoe het die HERE my geseën! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly oor u verlossing. Niemand is heilig soos die HERE nie! Niemand is u gelyke nie; daar is geen Rots soos ons God nie. “Hou op om so hoogmoedig en trots te wees! Moenie met sulke verwaandheid praat nie! Die HERE is ’n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het.