1 SAMUEL 2:1-11

1 SAMUEL 2:1-11 Bybel vir almal (ABA)

Hanna het gebid en gesê: “Ek is vrolik, want die Here is by my. Ek is sterk, want die Here is by my. Ek lag vir my vyande, want U het my gered, en ek is bly. Daar is nie 'n ander heilige God soos die Here nie, net U is God, daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie 'n ander Rots soos ons God nie. Julle moenie aanhou spog nie, julle moenie teen die Here praat nie, want die Here weet alles en Hy toets alles wat 'n mens doen. Die pyl en boog van mense wat oorlog maak, is stukkend, maar die mense wat geval het, staan weer op en hulle is sterk. Mense wat altyd meer kos gehad het as wat hulle kon eet, moet nou werk om 'n stukkie kos te kry. Maar mense wat altyd honger was, het nou genoeg om te eet. 'n Vrou wat nie kinders kon kry nie, het nou sewe kinders, en 'n vrou wat baie kinders gehad het, het nou niks kinders nie. Die Here maak dood en Hy laat mense weer lewe, Hy laat mense afgaan na die doderyk en Hy laat mense opkom uit die doderyk. Die Here maak mense arm en Hy maak mense ryk, Hy laat mense val en Hy tel mense op. Hy laat arm mense opstaan uit die stof, Hy tel hulle op uit die ashoop. Hy laat hulle by die belangrike mense sit, Hy gee vir hulle die belangrikste plek om te sit. Die pilare van die aarde behoort aan die Here, Hy het die aarde op die pilare gesit. Die Here lei sy dienaars op hulle pad, maar die slegte mense sal in die donker kom en sterf. Hulle eie krag sal hulle nie help om te wen nie. Die mense wat sê die Here is verkeerd, sal sterf. Die Here laat donderweer uit die lug oor hulle blits. Die Here sal al die mense op die aarde oordeel, en Hy sal sy koning wat Hy gesalf het, sterk maak.” Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.

1 SAMUEL 2:1-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie. Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef. Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord. Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk. Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig. Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie. Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde. Daarna het Élkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.

1 SAMUEL 2:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

En Hanna het gebid: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het. Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie. “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets. “Die boog van die magtiges is verbreek, dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry. Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur, wie honger was, het oorgenoeg om te eet. Die onvrugbare bring sewe in die wêreld, die een met baie kinders kwyn weg. “Die Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom. Die Here maak arm en Hy maak ryk, Hy verneder, ook gee Hy aansien. Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af om hulle by vername mense te laat sit; Hy skenk hulle 'n ereplek. Aan die Here behoort die pilare van die aarde; Hy het die aarde daarop gegrondves. “Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. 'n Mens oorwin nie deur eie krag nie! Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.” Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.

1 SAMUEL 2:1-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Hanna het gebid en gesê: “My hart juig in die HERE, ek is sterk in die HERE. Ek maak my mond wyd oop teenoor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. “Niemand is heilig soos die HERE nie, ja, daar is niemand buiten U nie; daar is geen rots soos ons God nie. Julle moet nie verwaand bly praat nie, nie vermetele woorde oor julle lippe laat kom nie; want 'n God van kennis is die HERE; deur Hom word dade geweeg. “Die boë van helde is verpletter, maar dié wat struikel, omgord hulleself met krag. Hulle wat versadig was, verhuur hulleself vir brood, maar hulle wat honger was, het oorvloed. Selfs die onvrugbare gee geboorte aan sewe, maar die vrou met baie seuns kwyn weg. “Die HERE maak dood en Hy maak lewend; Hy laat na die •doderyk afdaal en Hy laat daaruit opkom. Die HERE maak arm en Hy maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. Hy laat armes uit die stof opstaan, van die ashoop af hef Hy behoeftiges op om hulle by vooraanstaandes te laat sit en 'n ereplek hulle erfdeel te maak. Ja, aan die HERE behoort die fondamente van die aarde, Hy het die wêreld daarop geplaas. “Die voete van sy troue volgelinge beskerm Hy, maar goddeloses – in duisternis word hulle vernietig. “Ja, dit is nie deur krag dat iemand seëvier nie. Die HERE – wie teen Hom te staan kom, word verpletter; oor hulle laat Hy dit dreun uit die hemel. Die HERE spreek reg tot by die uithoeke van die aarde. Hy gee krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde. ” Daarna het Elkana na Rama gegaan, na sy huis toe. Die seuntjie was egter in diens van die HERE onder toesig van Eli, die priester.

1 SAMUEL 2:1-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Hanna het gebid en gesê: My hart is bly in die HERE, my horing is verhewe in die HERE; my mond is wyd oor my vyande; want ek is bly oor u verlossing. Daar is niemand o men soos die HERE nie, want daar is niemand buiten U nie, en daar is geen rots soos onse God nie. Praat nie meer so hoogmoedig nie; laat geen hoogmoedigheid uit jou mond kom nie, want die HERE is 'n God van kennis, en deur Hom word die dade geweeg. Die boë van die helde is gebreek, en die wat struikel, is met krag omgord. Die wat versadig was, het hulleself verhuur vir brood; en die wat honger was, het opgehou, sodat die onvrugbare sewe gebore het; en sy wat baie kinders het, het swak geword. Die HERE maak o men maak lewend; Hy laat neer na die doderyk en bring op. Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder en verhoog. Hy verhef die armes uit die stof en verhef die bedelaar uit die mishoop, om hulle onder die vorste te o men hulle die troon van heerlikheid te laat beërwe; want die pilare van die aarde behoort aan die HERE, en Hy het die wêreld op hulle. Hy sal die voete van sy heiliges bewaar, en die goddelose sal swyg in die duisternis; want deur krag sal niemand oorwin nie. Die teëstanders van die HERE sal verpletter word; uit die hemel sal Hy oor hulle donder: die HERE sal die eindes van die aarde oordeel; en hy sal sy koning krag gee en die horing van sy gesalfde verhef. En Elkana het na Rama gegaan na sy huis. En die seuntjie het die HERE gedien voor die priester Eli.

1 SAMUEL 2:1-11 Die Boodskap (DB)

Hanna het gebid en gesê: Ek is opgewonde oor wat U, Here, gedoen het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so bly dat U my gehelp het! Daar is geen god soos U nie. Ja, daar is geen god buiten U nie. Daar is nie nog ’n rots soos ons God nie. Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen. Die boë van die sterk mense is gebreek, maar die swak mense wat wou val, is nou sterk. Die mense wat baie kos gehad het, moet nou werk vir ’n bietjie kos, en dié wat honger was, is heeltemal versadig. Die vrou wat nie kon kinders kry nie, het nou sewe kinders, en met die een wat baie kinders gehad het, gaan dit sleg. Die Here maak dood en Hy maak lewendig. Hy laat mense afgaan in die graf en Hy laat mense daaruit opstaan. Die Here maak arm en Hy maak ryk. Hy verneder en Hy verhoog. Hy laat onbelangrike mense uit die stof opstaan; Hy tel die armes van die ashoop af op. Hy laat hulle by belangrike mense sit; Hy gee hulle ’n spesiale plek. Dit is seker: die pilare van die aarde is die Here s’n; Hy maak die aarde daarop vas. Hy help dié wat aan Hom getrou is, dat hulle nie val nie, maar slegte mense se lewe eindig in die donker. ’n Mens word nie met jou eie krag ’n held nie; die Here slaan dié wat Hom teëgaan stukkend. In die hemel dreun die stem van die hoë God; die Here is regter oor die hele wêreld. Hy gee mag aan die koning wat Hy kies; Hy maak sy gesalfde sterk. Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar die seuntjie, Samuel, het agtergebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp.

1 SAMUEL 2:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Toe het Hanna gebid: “My hart is bly in die HERE! Kyk hoe het die HERE my geseën! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly oor u verlossing. Niemand is heilig soos die HERE nie! Niemand is u gelyke nie; daar is geen Rots soos ons God nie. “Hou op om so hoogmoedig en trots te wees! Moenie met sulke verwaandheid praat nie! Die HERE is ’n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het. Hulle wat magtig was, is dit nie meer nie; en hulle wat swak was, is nou sterk. Hulle wat goed geëet het, ly nou honger; en hulle wat honger was, is nou versadig. Die kinderlose vrou het nou sewe kinders, maar die vrou met baie kinders kwyn weg. Die HERE laat doodgaan en laat lewe; Hy bring sommige na die graf, maar wek ander weer op. Die HERE maak een arm en die ander ryk; Hy trek een af en lig ’n ander op. Hy verhef die minderwaardige uit die stof, die behoeftige uit die ashoop! Hy behandel hulle soos prinse en laat hulle op ereplekke sit. “Die onwankelbaarheid van die aarde kom van die HERE. Daarop het Hy die wêreld gebou. Hy beskerm die getroues op hulle lewenspad, maar die goddeloses word in die graf stilgemaak. Dis nie deur eie krag dat ’n mens oorwin nie. Hulle wat die HERE weerstaan, sal vernietig word. Uit die hemel sal Hy sy donderende stem teen hulle laat hoor. Die HERE oordeel oor die hele aarde. Hy gee sterkte aan sy koning; en Hy gee krag aan sy gesalfde.” Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die HERE onder toesig van die priester Eli gedien.

1 SAMUEL 2:1-11

1 SAMUEL 2:1-11 AFR831 SAMUEL 2:1-11 AFR831 SAMUEL 2:1-11 AFR83