1 SAMUEL 18:8-9
1 SAMUEL 18:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Saul het baie kwaad geword, hy het niks daarvan gehou nie. Hy het gesê: “Hulle sê Dawid het tienduisende manne oorwin, maar ek het net duisende oorwin. As hulle so aanhou praat, dan sal hy die koning word in my plek.” Daarom het Saul van daardie dag goed gekyk of Dawid iets verkeerd doen.
1 SAMUEL 18:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry! En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.
1 SAMUEL 18:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daaroor het Saul hom vererg. Dit het hom nie geval nie en hy het gesê: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee en aan my duisende. Die koningskap sal ook nog syne word!” Van toe af het Saul vir Dawid gewantrou.
1 SAMUEL 18:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saul het baie kwaad geword. Hierdie saak was verkeerd in sy oë. Hy het gesê: “Aan Dawid gee hulle tienduisende, maar aan my gee hulle die duisende. Hy moet nou nog net die koningskap kry. ” Van daardie dag af het Saul vir Dawid wantrouig dopgehou.
1 SAMUEL 18:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Saul was baie toornig, en die woord was verkeerd in hom; en hy sê: Hulle het aan Dawid tien duisende toegeskryf, en aan My het hulle maar duisende toegeskryf; en wat kan hy meer hê as die koninkryk? En Saul het Dawid van daardie dag af en verder gekyk.
1 SAMUEL 18:8-9 Die Boodskap (DB)
Daaroor het Saul baie kwaad geword. Hy het niks van die liedjie se woorde gehou nie en gedink: “Hulle prys Dawid vir tien duisende wat hy gewen het, maar mý prys hulle net vir duisende. Hulle moet hom nou nog net koning maak!” Van daardie dag af het Saul Dawid nie vertrou nie.
1 SAMUEL 18:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Saul het gebrand van jaloesie, en die woorde was vir hom ’n belediging. Hy sê toe: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee, maar vir my net die duisende. Al wat hy nog kortkom, is die koningskap!” Van daardie dag af het Saul vir Dawid gewantrou.