1 SAMUEL 16:14-23
1 SAMUEL 16:14-23 Bybel vir almal (ABA)
Die Gees van die Here het weggegaan van Saul, en 'n bose gees wat van die Here gekom het, het vir Saul laat swaarkry. Sy amptenare het vir hom gesê: “Ons sien dat 'n bose gees wat van God kom, jou laat swaarkry. Koning, jy moet sê, dan sal ons iemand soek wat vir jou musiek kan maak op die lier. Wanneer die bose gees in jou kom, dan moet die persoon musiek maak op die lier, dan sal dit beter gaan met jou.” Saul het vir sy amptenare gesê: “Goed. Kyk of julle iemand kan kry wat goed musiek kan maak, en bring hom na my toe.” Een van die amptenare het toe gesê: “Ek het gesien een van Isai van Betlehem se seuns kan goed musiek maak op die lier. Hy is 'n belangrike man en hy kan goed oorlog maak en goed praat. Hy is mooi en die Here is by hom.” Saul het toe boodskappers na Isai toe gestuur en gesê: “Jou seun Dawid is by die skape en bokke, jy moet hom na my toe stuur.” Isai het brood en 'n velsak wyn op 'n donkie gelaai en hy het dit en 'n bok-lam saam met Dawid vir Saul gestuur. Dawid het na Saul toe gekom en hy het vir Saul begin werk. Saul het baie lief geword vir Dawid, en Dawid het Saul se wapendraer geword. Saul het vir Isai 'n boodskap gestuur en gevra: “Mag Dawid asseblief by my bly en vir my werk, want ek hou van hom.” Elke maal wanneer die bose gees wat van God gekom het, in Saul gekom het, dan het Dawid die lier geneem en musiek gemaak. Dan het Saul rustig geword en beter gevoel, en die bose gees het weggegaan van hom.
1 SAMUEL 16:14-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik. Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n bose gees van God verskrik u: laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal 'n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word. Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my. En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom. Toe het Saul boodskappers na Ísai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my. Ísai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul. So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en dié het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het. Daarna het Saul na Ísai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind. En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.
1 SAMUEL 16:14-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees wat deur die Here gestuur is, het hom voortdurend ontstel. Die amptenare van Saul het vir hom gesê: “U word ontstel deur 'n boosaardige gees wat deur God gestuur is. Die koning moet maar net praat, dan soek ons iemand wat die lier kan speel. As die boosaardige gees u pla, kan die man speel, en u sal beter voel.” Saul sê toe vir sy amptenare: “Kyk maar vir my uit na 'n man wat goed kan speel en bring hom na my toe.” Een van die amptenare antwoord hom: “Ek het 'n seun van Isai die Betlehemmer hoor speel. Hy is 'n dapper man en 'n goeie vegter. Hy kan sy woord goed doen en het 'n goeie voorkoms. Die Here is by hom.” Saul het boodskappers na Isai toe gestuur met die versoek: “Stuur jou seun Dawid wat by die kleinvee is, na my toe.” Isai het toe brood, 'n sak wyn en 'n klein bokkie gevat en dit op 'n donkie met sy seun Dawid na Saul toe gestuur. So het Dawid dan by Saul gekom en vir hom gewerk. Saul het baie van Dawid gehou, sodat hy Saul se wapendraer geword het. Saul het ook na Isai toe gestuur en laat vra: “Laat Dawid tog vir my werk, ek hou van hom.” Telkens wanneer die boosaardige gees in Saul was, het Dawid die lier gevat en daarop gespeel. Dan het Saul bedaar, en die boosaardige gees het van hom af padgegee.
1 SAMUEL 16:14-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees wat van die HERE af kom, het hom beangs gemaak. Saul se amptenare het vir hom gesê: “Kyk, dit is 'n bose gees van God wat u beangs maak. U Majesteit moet maar net praat. U dienaars hier voor u sal iemand soek wat weet hoe om op 'n lier te speel. Wanneer die bose gees van God oor u kom, kan hy dit bespeel en dit sal goed wees vir u. ” Saul sê toe vir sy amptenare: “Kyk asseblief vir my uit vir iemand wat goed kan speel, en bring hom na my.” Een van die jong manne antwoord toe en sê: “Kyk, ek het 'n seun van Isai, van Betlehem, gesien wat weet hoe om te speel. Hy is 'n dapper kryger, 'n krygsman; hy kan sy woord goed doen en is aantreklik. En die HERE is met hom. ” Saul stuur toe boodskappers na Isai met die versoek: “Stuur Dawid, jou seun wat by die kleinvee is, na my.” Isai neem toe 'n donkie en stuur dit met brood, 'n leersak wyn en 'n boklam, met sy seun Dawid na Saul. Dawid het by Saul aangekom en in sy diens getree. Saul het baie van hom gehou, en Dawid het sy wapendraer geword. Saul het vir Isai laat weet: “Dawid moet asseblief in my diens bly, want hy het guns gevind in my oë.” Telkens wanneer die gees van God oor Saul gekom het, het Dawid die lier geneem en daarop gespeel. Dit het vir Saul verligting gebring; dit het hom goed gedoen. Die bose gees het dan van hom gewyk.
1 SAMUEL 16:14-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees van die HERE het hom verskrik. Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n bose gees van God verskrik jou. Laat ons heer nou u dienaars wat voor u is, beveel om 'n man te soek wat 'n listige harpspeler is; en as die bose gees van God oor u kom, sal hy met sy hand, en jy sal gesond word. Toe sê Saul aan sy dienaars: Verskaf tog vir my 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my toe. Toe antwoord een van die diensknegte en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat slinks is om te speel, en 'n dapper magtige man en 'n krygsman en verstandig in sake en 'n mooi mens; en die HERE is met hom. Daarom het Saul boodskappers na Isai gestuur en gesê: Stuur vir my u seun Dawid wat by die skape is. En Isai het 'n esel geneem, gelaai met brood, en 'n sak wyn en 'n bokkie en dit deur sy seun Dawid na Saul gestuur. En Dawid het by Saul gekom en voor hom gaan staan, en hy het hom baie liefgehad; en hy het sy wapendraer geword. En Saul het na Isai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan; want hy het genade in my oë gevind. En toe die bose gees van God oor Saul was, neem Dawid die siter en speel met sy hand
1 SAMUEL 16:14-23 Die Boodskap (DB)
Die Gees van die Here was nie meer by Saul nie. Saul het partykeer verskriklik bang geword, want die Here het toegelaat dat ’n slegte gees hom beetpak. Saul se mense wat in die paleis werk, het vir hom gesê: “Ons weet wat die probleem is: u kry die aanvalle omdat ’n bose gees u beetpak. U Majesteit moet maar net sê, dan soek ons dadelik iemand wat op ’n lier kan speel. As die bose gees u beetpak en die man speel vir u, sal u gou-gou beter voel.” “Goed,” sê Saul, “kyk maar of julle iemand kry wat goed kan speel. Bring hom dan vir my.” Een van die paleiswerkers sê toe: “Ek weet van iemand wat goed kan speel: een van die seuns van Isai wat in Betlehem bly. Hy is nie bang nie en hy kan goed veg. ’n Mens kan luister na wat hy sê, en hy is ’n mooi jong man. Die Here is by hom.” Saul het toe vir Isai laat weet: “Stuur jou seun Dawid, die een wat skape oppas, na my toe.” Isai het brood en ’n leersak met wyn op ’n donkie gelaai en ook ’n jong bokkie saam met Dawid vir Saul gestuur. Dawid het by Saul gekom en vir hom begin werk. Saul het sommer baie van Dawid gehou en hy het Saul se wapendraer geword. Daarom het Saul vir Isai ’n boodskap gestuur: “Ek wil hê Dawid moet vir my bly werk, want ek hou van hom.” Elke keer as die bose gees Saul beetpak, vat Dawid die lier en speel daarop. Dan gee die bose gees van Saul af pad, en word hy kalm en voel beter.
1 SAMUEL 16:14-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die Gees van die HERE het Saul verlaat. ’n Bose gees wat die HERE gestuur het, het hom geteister. Toe sê sy amptenare vir hom: “Dis duidelik dat ’n bose gees deur God gestuur is om u te teister. Laat ons iemand kry wat goed op die lier kan speel. Wanneer die bose gees u lastig val, sal die musiek u kalmeer sodat u gou weer beter sal voel.” “Goed,” sê Saul. “Soek iemand wat goed kan speel en bring hom na my toe.” Een van Saul se amptenare sê toe vir hom: “Ek het ’n seun van Isai uit Betlehem teëgekom wat goed kan speel. Hy is dapper en ’n goeie vegter. Hy is goed met woorde en ook aantreklik. Die HERE is met hom.” Saul het boodskappers na Isai toe gestuur en gesê: “Stuur jou seun Dawid, die skaapwagter, na my toe.” Isai het ’n jong bokkie geneem, kos en wyn op ’n donkie gelaai en dit alles saam met sy seun Dawid na Saul toe gestuur. So het dit gebeur dat Dawid in Saul se diens getree het. Saul het so baie van Dawid gehou dat Dawid selfs sy wapendraer geword het. Saul laat weet toe vir Isai: “Laat Dawid tog vir my werk, want ek is baie tevrede met hom.” Telkens wanneer die bose gees vir Saul kwel, het Dawid op die lier gespeel. Dit het Saul beter laat voel en die bose gees het hom laat staan.