1 SAMUEL 15:22-23
1 SAMUEL 15:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Samuel het gesê: “Wat dink jy is vir die Here die belangrikste: Dat jy brand-offers vir Hom moet bring, of dat jy doen wat Hy vir jou sê? Jy moet dit weet: Dit is beter om gehoorsaam te wees as om te offer, dit is beter om te luister na Hom as om die vet van ramme te offer. Want iemand wat opstandig is, doen ook sonde soos waarsêers sonde doen. En iemand wat ongehoorsaam is, doen ook sonde soos mense wat afgodsbeeldjies het.”
1 SAMUEL 15:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
1 SAMUEL 15:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”
1 SAMUEL 15:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het Samuel geantwoord: “Is daar vir die HERE vreugde in •brandoffers en •maaltydoffers, soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as maaltydoffers, om te luister beter as die vet van ramme. Ja, opstandigheid is soos die sonde van waarsêery, en eiesinnigheid soos die euwel van huisgode. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. ”
1 SAMUEL 15:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Samuel: Het die HERE 'n groot behae in brandoffers en slagoffers as in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, gehoorsaam is beter as slagoffer, en luister as die vet van ramme. Want opstandigheid is soos die sonde van towery, en eiesinnigheid is ongeregtigheid en afgodery. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou ook verwerp om koning te wees.
1 SAMUEL 15:22-23 Die Boodskap (DB)
Toe sê Samuel: Hou die Here meer van allerhande offers as van gehoorsaamheid? Nee, om gehoorsaam te wees is beter as om offerdiere te slag, en om te luister is beter as om die vet van ramme te verbrand. Om jou teen die Here te verset en jou eie kop te volg is net so erg as om na ’n waarsêer of afgodspriester te luister. Omdat jy die Here se woorde eenkant toe gestoot het, gaan die Here jou as koning eenkant toe stoot.
1 SAMUEL 15:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Samuel antwoord: “Wat verkies die HERE: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme. Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery, en hardkoppigheid is net so ’n sonde soos afgodery. Omdat jy die HERE se woord verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”