1 SAMUEL 12:12
1 SAMUEL 12:12 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe julle sien koning Nagas van die Ammoniete wil oorlog maak teen julle, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar moet 'n koning wees om oor ons te regeer.’ Maar julle Koning is julle God die Here.
1 SAMUEL 12:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.
1 SAMUEL 12:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe julle sien dat koning Nagas van die Ammoniete teen julle optrek, het julle vir my gesê: ‘Nee, daar moet 'n koning oor ons heers,’ hoewel die Here julle God tog julle koning is.
1 SAMUEL 12:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Maar toe julle sien dat Nagas, die koning van die Ammoniete, teen julle optrek, het julle vir my gesê, ‘Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer!’ – en dit terwyl die HERE julle God julle koning is.
1 SAMUEL 12:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle vir my gesê: Nee; maar 'n koning sal oor ons regeer, toe die HERE jou God jou koning was.