1 SAMUEL 11:5
1 SAMUEL 11:5 Bybel vir almal (ABA)
Saul het dieselfde tyd uit die veld teruggekom met die beeste en hy vra toe: “Hoekom huil die mense?” Hulle het vir hom vertel wat die manne van Jabes kom sê het.
1 SAMUEL 11:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.
1 SAMUEL 11:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe kom Saul net agter die osse van die land af en hy vra: “Wat makeer die volk dat hulle so huil?” Hulle het hom vertel wat die manne van Jabes gesê het.
1 SAMUEL 11:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juis toe kom Saul van die land af terug, agter die osse aan. Saul vra toe: “Wat is dit met die volk dat hulle huil?” Hulle vertel hom toe wat die manne van Jabes gesê het.
1 SAMUEL 11:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, Saul het agter die beeste aan uit die veld gekom; Toe sê Saul: Wat is dit met die volk dat hulle ween? En hulle het hom die tyding van die manne van Jabes vertel.