1 PETRUS 5:5
1 PETRUS 5:5 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gepraat met die ouer mans en ek praat nou ook so met die jonger mans: Julle moet luister na die ouer mans, julle almal moet vir mekaar dien en julle moenie hoogmoedig wees nie, want: Wanneer mense dink dat hulle vir ander mense kan spot, dan spot God vir húlle. Wanneer mense weet dat hulle nie hulleself kan help nie, dan is God goed vir hulle.
1 PETRUS 5:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
1 PETRUS 5:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”
1 PETRUS 5:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net so moet julle wat jonk is, ondergeskik wees aan ouer mense. Beklee julle almal met nederigheid teenoor mekaar, want “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
1 PETRUS 5:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Net so moet julle, julle jongeres, aan die oudste onderdanig wees. Ja, wees almal onderdanig aan mekaar en bekleed met nederigheid, want God weerstaan die hoogmoediges en gee genade aan die nederiges.
1 PETRUS 5:5 Die Boodskap (DB)
Ek het ook iets besonders om vir die jonger mense te sê. Luister na die leiers in die gemeente. Julle moet mekaar help waar hulp nodig is sonder om te vra wat dit julle gaan kos. Moenie te veel van julleself dink nie, maar ken liewer julle plek. Daar staan mos geskryf: “God is nie aan die kant van mense wat te veel van hulleself dink nie; Hy is goed vir mense wat tevrede met hulleself is sonder om windmakerig te wees.”
1 PETRUS 5:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: “God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan húlle gee Hy sy genade.”