1 PETRUS 5:2
1 PETRUS 5:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek is 'n ouderling soos julle en ek is 'n getuie wat gesien het dat Christus baie swaar gekry het. Die tyd is ook nou baie naby wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is, en ek sal dit ook sien. Daarom vra ek mooi vir julle wat ouderlinge is, om herders te wees wat sorg vir God se mense wat daar by julle is. Julle moet sorg vir hulle, nie omdat iemand sê julle móét dit doen nie, maar omdat julle dit graag wil doen en omdat God dit wil hê. Julle moet dit doen, nie omdat julle altyd meer dinge wil hê nie, maar omdat julle baie graag wil sorg vir hulle.
1 PETRUS 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid
1 PETRUS 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid
1 PETRUS 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Versorg soos herders die kudde van God in julle midde; hou toesig – nie uit plig nie, maar vrywillig, in ooreenstemming met die wil van God; nie uit skandelike winsbejag nie, maar geesdriftig
1 PETRUS 5:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees die kudde van God wat onder julle is, en hou toesig daaroor, nie deur dwang nie, maar gewillig; nie vir vuil wins nie, maar met 'n bereidwillige verstand
1 PETRUS 5:2 Die Boodskap (DB)
Pas die mense wat aan God behoort goed op, want julle moet as hulle leiers vir hulle sorg. Sorg mooi vir hulle. Dit moet nie vir julle ’n las wees asof iemand julle dwing nie. Nee, julle moet dit doen omdat julle dit graag wil doen en dit vir julle lekker is. Julle moenie vra wat julle daardeur gaan ontvang nie, maar liewer wat julle kan gee deur vir ander iets te beteken. God wil dit so hê.
1 PETRUS 5:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As herders moet julle die kudde van God goed oppas; hulle is aan julle toevertrou. Hou gewillig toesig oor hulle, nie omdat julle gedwing word nie, maar omdat julle wil doen wat God wil hê; nie om julleself finansieel te verryk nie, maar omdat julle graag in God se diens staan.