1 PETRUS 5:12
1 PETRUS 5:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Silvanus, wat na my mening 'n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas!
1 PETRUS 5:12 Die Boodskap (DB)
Silvanus het my gehelp om hierdie kort briefie aan julle te skryf. Hy is ’n mede-Christen op wie ’n mens kan staatmaak. My doel met die brief is om julle moed in te praat deur julle weereens aan alles te herinner wat ons God vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Dit is ware genade. Gryp dit met albei hande vas en moet dit nooit los nie.
1 PETRUS 5:12 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet dat Silvanus 'n goeie vriend is, hy sal altyd doen wat hy belowe het. Hy het my gehelp om hierdie kort brief vir julle te skryf. Ek het geskryf om julle te bemoedig en te sê dat hierdie boodskap die waarheid is, die boodskap dat God baie goed is. Dit is hoekom julle moet aanhou glo.
1 PETRUS 5:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.
1 PETRUS 5:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het deur Silvanus, na my oordeel 'n getroue broer, kortliks aan julle geskryf om julle te bemoedig, en julle nadruklik te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan vas daarin!