1 PETRUS 5:10-11
1 PETRUS 5:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Julle het al klaar 'n kort rukkie swaargekry, maar God is altyd baie goed. Hy het besluit dat julle wat aan Christus Jesus behoort, vir altyd by Hom moet wees, by Hom wat die Koning is. Dit is Hý wat vir julle sal gereedmaak, Hy sal julle help, Hy sal julle sterker maak, en Hy sal julle vas laat staan sodat julle nie sonde doen nie. God is baie sterk, vir altyd. Amen.
1 PETRUS 5:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
1 PETRUS 5:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.
1 PETRUS 5:10-11 Die Boodskap (DB)
Hierdie swaarkry as Christene sal nie meer so lank aanhou nie. Daarvoor sal God sorg. Dit is immers Hy wat soveel goeie geskenke vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Hy het Christus Jesus gestuur, deur wie God ons ook uitnooi om vir altyd sy eregaste te wees. Al ly julle nou ’n rukkie, sal God self vir julle julle ereplek by Hom gee. Hy sal vir julle al die krag gee wat julle nodig het, sodat niks en niemand dan meer iets aan julle sal kan doen nie. Hy kan dit doen, want al die krag behoort aan Hom, nou en vir altyd. Daaraan hoef niemand eens te twyfel nie.
1 PETRUS 5:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In sy genade het God julle geroep om in Christus deel te hê aan sy ewige heerlikheid. Nadat julle ’n kort tydjie swaargekry het, sal Hy julle self weer herstel; Hy sal julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.