1 PETRUS 4:8-10
1 PETRUS 4:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe. Julle moet goed wees vir mekaar soos 'n mens goed is vir vreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie. God het genadegawes gegee vir elkeen van julle en Hy is baie goed vir julle op verskillende maniere. Julle is God se bestuurders, en daarom moet julle mekaar dien, julle moet die genadegawes gebruik wat Hy vir julle gegee het.
1 PETRUS 4:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek. Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
1 PETRUS 4:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.
1 PETRUS 4:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bo alles moet julle mekaar innig liefhê, omdat “die liefde 'n menigte sondes bedek”. Wees gasvry teenoor mekaar, sonder om te mor. As goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God, moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het
1 PETRUS 4:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En bo alles moet julle vurige liefde onder julle hê, want liefde sal die menigte van sondes bedek. Gebruik gasvryheid teenoor mekaar sonder om te worstel. Soos elke mens die gawe ontvang het, so dien mekaar ook as goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
1 PETRUS 4:8-10 Die Boodskap (DB)
Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie. As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom. God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. Soos iemand wat in ’n huis aangestel is om ander te bedien, moet julle in God se geestelike huis al die wonderlike gawes onder mekaar uitdeel wat Hy vir ons gegee het sonder dat ons dit eintlik verdien.
1 PETRUS 4:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla. Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.