1 PETRUS 4:7-9
1 PETRUS 4:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal al die dinge wat nou gebeur, ophou om te gebeur. Daarom moet julle verstandig wees en goed dink wat julle doen, sodat julle kan bid soos 'n mens moet bid. Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe. Julle moet goed wees vir mekaar soos 'n mens goed is vir vreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie.
1 PETRUS 4:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek. Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
1 PETRUS 4:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.
1 PETRUS 4:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die einde van alle dinge is op hande. Daarom moet julle selfbeheersd en nugter wees, met die oog op gebed. Bo alles moet julle mekaar innig liefhê, omdat “die liefde 'n menigte sondes bedek”. Wees gasvry teenoor mekaar, sonder om te mor.
1 PETRUS 4:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die einde van alle dinge is naby; wees dan nugter en waak tot gebed. En bo alles moet julle vurige liefde onder julle hê, want liefde sal die menigte van sondes bedek. Gebruik gasvryheid teenoor mekaar sonder om te worstel.
1 PETRUS 4:7-9 Die Boodskap (DB)
Dit is nou nie meer lank voor die wêreld soos ons dit ken tot ’n einde gaan kom nie. Onthou dit elke oomblik en dink daaroor na. Sorg dat julle weet wat aangaan sodat julle sinvol met God kan praat in gebed. Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie. As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom.
1 PETRUS 4:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid. Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.