1 PETRUS 4:2
1 PETRUS 4:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God.
1 PETRUS 4:2 Bybel vir almal (ABA)
Ja, julle geloof moet sterk wees, sodat julle nie verkeerde dinge sal doen terwyl julle nog lewe nie. Julle moenie die dinge doen wat mense baie graag wil doen nie, julle moet doen wat God wil hê mense moet doen.
1 PETRUS 4:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
1 PETRUS 4:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
vir die res van sy aardse bestaan word sy lewe nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die wil van God.
1 PETRUS 4:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God.
1 PETRUS 4:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat hy nie meer die res van sy tyd in die vlees na die begeerlikhede van mense moet lewe nie, maar na die wil van God.
1 PETRUS 4:2 Die Boodskap (DB)
Sy ingesteldheid in die lewe is anders. Hy hardloop nie die hele tyd agter sy eie neus aan en doen net wat vir hom as mens lekker is nie. Nee, al wat ’n Christen graag die res van sy lewe wil doen, is dit wat God - en nie mense nie - gelukkig sal maak. Kyk net hoe ’n groot deel van julle lewe het julle reeds gemors deur julle op te hou met die dinge van die mense wat God nie ken nie.