1 PETRUS 4:16
1 PETRUS 4:16 Die Boodskap (DB)
As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word.
1 PETRUS 4:16 Bybel vir almal (ABA)
Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.
1 PETRUS 4:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
1 PETRUS 4:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.
1 PETRUS 4:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
as iemand egter ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam.
1 PETRUS 4:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as iemand as Christen ly, laat hom hom nie skaam nie; maar laat hy God hieromtrent verheerlik.