1 PETRUS 4:15-16
1 PETRUS 4:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy 'n moordenaar is, of omdat hy 'n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.
1 PETRUS 4:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
1 PETRUS 4:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie. Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.
1 PETRUS 4:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; as iemand egter ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam.
1 PETRUS 4:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar laat niemand van julle ly as 'n moordenaar of as 'n dief of as 'n kwaaddoener of as 'n besige persoon in ander se sake nie. Maar as iemand as Christen ly, laat hom hom nie skaam nie; maar laat hy God hieromtrent verheerlik.
1 PETRUS 4:15-16 Die Boodskap (DB)
Dit is egter heeltemal ’n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of ’n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het. As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word.
1 PETRUS 4:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As een van julle swaarkry, moet dit nie wees omdat hy ’n moordenaar is of ’n dief of ’n misdadiger of ’n kwaadstoker nie. As jy egter swaarkry omdat jy ’n Christen is, is dit geen skande nie. Inteendeel, prys God vir die voorreg om hierdie Naam te dra!