1 PETRUS 4:12-16
1 PETRUS 4:12-16 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur. Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is. Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly. Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy 'n moordenaar is, of omdat hy 'n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.
1 PETRUS 4:12-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
1 PETRUS 4:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid. Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly. As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie. Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.
1 PETRUS 4:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, moenie verbaas wees wanneer 'n vurige beproewing oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie; wees eerder bly, namate julle deel het aan die lyding van •Christus, sodat julle ook by die bekendmaking van sy heerlikheid uitbundig sal kan jubel. As julle ter wille van Christus se Naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus. Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; as iemand egter ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam.
1 PETRUS 4:12-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, dink dit is nie vreemd aangaande die vurige beproewing wat julle op die proef gaan stel nie, asof iets vreemds met julle gebeur het. Maar wees bly in soverre julle deel het aan die lyde van Christus; sodat, wanneer sy heerlikheid geopenbaar word, julle ook met groot blydskap kan bly wees. As julle oor die Naam van Christus gesmaad word, is julle gelukkig; want die Gees van heerlikheid en van God rus op julle; Maar laat niemand van julle ly as 'n moordenaar of as 'n dief of as 'n kwaaddoener of as 'n besige persoon in ander se sake nie. Maar as iemand as Christen ly, laat hom hom nie skaam nie; maar laat hy God hieromtrent verheerlik.
1 PETRUS 4:12-16 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, as dit so swaar met julle gaan dat julle dit byna nie meer kan hou nie, moenie sommer daaruit aflei dat julle godsdiens daarmee heen is nie. Christene moet ook swaarkry. Dink maar aan Jesus. Hy het baie swaargekry. Julle moet eerder bly en opgewonde wees dat julle soos Hy is, al is dit ook dat julle soos Hy kan swaarkry omdat julle Christene is. Dink net hoe bly julle gaan wees wanneer Hy weer kom en almal dan sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s’n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle ’n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien. Dit is egter heeltemal ’n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of ’n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het. As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word.
1 PETRUS 4:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef wat oor julle kom nie. Dis nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer sy heerlikheid bekendgemaak word en julle daarin deel. Beskou julleself gelukkig wanneer julle beledig word omdat julle Christene is. Dit is ’n bewys dat die Gees wat heerlikheid bewerk, die Gees van God, in julle bly. As een van julle swaarkry, moet dit nie wees omdat hy ’n moordenaar is of ’n dief of ’n misdadiger of ’n kwaadstoker nie. As jy egter swaarkry omdat jy ’n Christen is, is dit geen skande nie. Inteendeel, prys God vir die voorreg om hierdie Naam te dra!