1 PETRUS 4:11-17
1 PETRUS 4:11-17 Die Boodskap (DB)
Byvoorbeeld, as een van julle preek, moet dit wees asof God deur hom praat. As iemand ’n ander persoon help wat hulp nodig het, moet hy dit doen uit die krag wat God hom sal gee. Op dié manier sal almal God se grootheid kan sien en sal Hy die eer vir alles kry, omdat Jesus dit vir ons moontlik gemaak het om al hierdie dinge te doen. Almal sal Hom erken as die Een wat in alles groot en sterk is, nie net vandag nie, maar vir ewig en altyd. Daarvan kan julle seker wees. My liewe vriende, as dit so swaar met julle gaan dat julle dit byna nie meer kan hou nie, moenie sommer daaruit aflei dat julle godsdiens daarmee heen is nie. Christene moet ook swaarkry. Dink maar aan Jesus. Hy het baie swaargekry. Julle moet eerder bly en opgewonde wees dat julle soos Hy is, al is dit ook dat julle soos Hy kan swaarkry omdat julle Christene is. Dink net hoe bly julle gaan wees wanneer Hy weer kom en almal dan sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s’n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle ’n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien. Dit is egter heeltemal ’n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of ’n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het. As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word. Dit is nou die tyd vir God om soos ’n regter te sê wat Hy van elkeen dink. Hy gaan begin met die gelowiges wat sy kinders is. As selfs ons voor God moet gaan staan soos voor ’n regter in die hof, hoe vreesaanjaend en verskriklik sal dit nie vir dié mense wees wat hulle hele lewe lank die rug vir God en sy goeie boodskap gedraai het nie.
1 PETRUS 4:11-17 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand in die gemeente praat, dan moet dit wees soos wanneer God self met mense praat. Wanneer iemand die ander gelowiges dien, dan moet hy dien met die krag wat God vir hom gee. Jesus Christus laat hierdie mense dit doen sodat mense vir God kan prys. Ons prys God wat baie sterk is, ons prys Hom vir altyd en altyd. Amen. Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur. Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is. Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly. Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy 'n moordenaar is, of omdat hy 'n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort. God sal nou gou begin om mense te oordeel en Hy sal eerste begin oordeel by ons, ons wat die tempel van God is. Maar as God by óns begin om mense te oordeel, wat sal dan gebeur met die mense wat nie wou luister na die goeie boodskap wat van God kom nie? God sal hulle swaarder straf!
1 PETRUS 4:11-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen. Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig. Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
1 PETRUS 4:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen. Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid. Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly. As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie. Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik. Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie?
1 PETRUS 4:11-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand aan die woord is, laat dit soos woorde van God wees; as iemand dien, laat dit wees vanuit die krag wat God voorsien, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort, vir ewig en ewig. •Amen. Geliefdes, moenie verbaas wees wanneer 'n vurige beproewing oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie; wees eerder bly, namate julle deel het aan die lyding van •Christus, sodat julle ook by die bekendmaking van sy heerlikheid uitbundig sal kan jubel. As julle ter wille van Christus se Naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus. Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; as iemand egter ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam. Dit is immers tyd dat die oordeel begin, en wel by die huishouding van God. As dit by ons begin, wat sal dan die uiteinde wees van hulle wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
1 PETRUS 4:11-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand spreek, laat hom spreek soos woorde van God; as iemand dien, laat hom dit doen na die vermoë wat God gee, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die lof en die krag toekom tot in alle ewigheid. Amen. Geliefdes, dink dit is nie vreemd aangaande die vurige beproewing wat julle op die proef gaan stel nie, asof iets vreemds met julle gebeur het. Maar wees bly in soverre julle deel het aan die lyde van Christus; sodat, wanneer sy heerlikheid geopenbaar word, julle ook met groot blydskap kan bly wees. As julle oor die Naam van Christus gesmaad word, is julle gelukkig; want die Gees van heerlikheid en van God rus op julle; Maar laat niemand van julle ly as 'n moordenaar of as 'n dief of as 'n kwaaddoener of as 'n besige persoon in ander se sake nie. Maar as iemand as Christen ly, laat hom hom nie skaam nie; maar laat hy God hieromtrent verheerlik. Want die tyd het gekom dat die oordeel moet begin by die huis van God; en as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
1 PETRUS 4:11-17 Die Boodskap (DB)
Byvoorbeeld, as een van julle preek, moet dit wees asof God deur hom praat. As iemand ’n ander persoon help wat hulp nodig het, moet hy dit doen uit die krag wat God hom sal gee. Op dié manier sal almal God se grootheid kan sien en sal Hy die eer vir alles kry, omdat Jesus dit vir ons moontlik gemaak het om al hierdie dinge te doen. Almal sal Hom erken as die Een wat in alles groot en sterk is, nie net vandag nie, maar vir ewig en altyd. Daarvan kan julle seker wees. My liewe vriende, as dit so swaar met julle gaan dat julle dit byna nie meer kan hou nie, moenie sommer daaruit aflei dat julle godsdiens daarmee heen is nie. Christene moet ook swaarkry. Dink maar aan Jesus. Hy het baie swaargekry. Julle moet eerder bly en opgewonde wees dat julle soos Hy is, al is dit ook dat julle soos Hy kan swaarkry omdat julle Christene is. Dink net hoe bly julle gaan wees wanneer Hy weer kom en almal dan sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s’n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle ’n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien. Dit is egter heeltemal ’n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of ’n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het. As mense julle egter treiter omdat julle Christene is, hoef julle nie een oomblik skaam te voel nie. Sê eerder vir God dankie en maak sy Naam groot omdat julle Christene genoem mag word. Dit is nou die tyd vir God om soos ’n regter te sê wat Hy van elkeen dink. Hy gaan begin met die gelowiges wat sy kinders is. As selfs ons voor God moet gaan staan soos voor ’n regter in die hof, hoe vreesaanjaend en verskriklik sal dit nie vir dié mense wees wat hulle hele lewe lank die rug vir God en sy goeie boodskap gedraai het nie.
1 PETRUS 4:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef wat oor julle kom nie. Dis nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer sy heerlikheid bekendgemaak word en julle daarin deel. Beskou julleself gelukkig wanneer julle beledig word omdat julle Christene is. Dit is ’n bewys dat die Gees wat heerlikheid bewerk, die Gees van God, in julle bly. As een van julle swaarkry, moet dit nie wees omdat hy ’n moordenaar is of ’n dief of ’n misdadiger of ’n kwaadstoker nie. As jy egter swaarkry omdat jy ’n Christen is, is dit geen skande nie. Inteendeel, prys God vir die voorreg om hierdie Naam te dra! Die tyd vir die oordeel het inderdaad aangebreek, en dit begin by die huisgesin van God. As selfs ons Christene geoordeel word en dit is nog maar die begin, hoe verskriklik sal dit nie uiteindelik gaan met dié wat God se Goeie Nuus nie wou aanvaar nie?