1 PETRUS 4:1-2
1 PETRUS 4:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julleself met dieselfde gedagte bewapen, en self bereid wees om liggaamlik te ly. As julle bereid is om liggaamlik te ly, het julle met die sonde afgereken. Sodat julle, so lank as wat julle nog ’n aardse liggaam het, nie meer aan julle natuurlike neigings vrye teuels gee nie, maar sal leef soos God dit wil hê.
1 PETRUS 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet dat Christus baie swaar gekry het toe Hy 'n mens op die aarde was. Julle moet dit onthou sodat julle geloof sterk kan wees, want julle weet dat 'n mens wat swaargekry het, nie meer sonde wil doen nie. Ja, julle geloof moet sterk wees, sodat julle nie verkeerde dinge sal doen terwyl julle nog lewe nie. Julle moenie die dinge doen wat mense baie graag wil doen nie, julle moet doen wat God wil hê mense moet doen.
1 PETRUS 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
1 PETRUS 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julle ook met die gedagte wapen dat wie liggaamlik gely het, met die sonde afgereken het: vir die res van sy aardse bestaan word sy lewe nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die wil van God.
1 PETRUS 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat •Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself bewapen met dieselfde insig, naamlik dat iemand wat liggaamlik gely het, met die sonde klaar is. Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God.
1 PETRUS 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien Christus dan vir ons in die vlees gely het, wapen julle ook met dieselfde gesindheid; dat hy nie meer die res van sy tyd in die vlees na die begeerlikhede van mense moet lewe nie, maar na die wil van God.
1 PETRUS 4:1-2 Die Boodskap (DB)
Jesus het as mens hier op aarde ook baie gely. As julle swaarkry, moet julle net soos Hy maak. Sy voorbeeld moet julle sterk maak. Iemand wat so swaarkry as mens, hou hom nie meer met die sonde op nie. Sy ingesteldheid in die lewe is anders. Hy hardloop nie die hele tyd agter sy eie neus aan en doen net wat vir hom as mens lekker is nie. Nee, al wat ’n Christen graag die res van sy lewe wil doen, is dit wat God - en nie mense nie - gelukkig sal maak. Kyk net hoe ’n groot deel van julle lewe het julle reeds gemors deur julle op te hou met die dinge van die mense wat God nie ken nie.