1 PETRUS 3:3-4
1 PETRUS 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet mooi wees, maar julle moenie mooi wees net omdat julle julle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, of omdat julle goue juwele dra of omdat julle baie duur klere aantrek nie. Julle harte moet altyd mooi wees, julle moet nederig en rustig wees. Dit is baie belangrik vir God.
1 PETRUS 3:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
1 PETRUS 3:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.
1 PETRUS 3:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle skoonheid moet nie op uiterlike dinge berus nie – soos die vleg van hare, die dra van goue juwele, of die aantrek van elegante klere nie; maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van 'n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is.
1 PETRUS 3:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie se versiering mag dit nie die uiterlike versiering wees van die vleg van die hare en van die dra van goud of van die aantrek van klere nie; Maar laat dit die verborge mens van die hart wees, in dit wat nie verderflik is nie, ja, die versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat kosbaar is voor God.
1 PETRUS 3:3-4 Die Boodskap (DB)
Ek vra julle: Wanneer is ’n vrou regtig mooi? Vir ’n Christen sit skoonheid nie aan die buitekant nie, maar dit kom van binne. Moenie julle te veel daaroor bekommer of julle klere in die mode is en julle hare pragtig versorg is nie. Mooi juweliersware is ook nie nodig om julle mooi te maak nie. Nee, ’n vrou se eintlike skoonheid kom van binne af. Hoe mooi is dit nie as ’n vrou sag en vriendelik optree nie! Of ’n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat ’n vrou kan dra.