1 PETRUS 3:12
1 PETRUS 3:12 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help. Maar die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie.
1 PETRUS 3:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
1 PETRUS 3:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”
1 PETRUS 3:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle gebedsversoeke, maar die aangesig van die Here is teen dié wat verkeerde dinge doen.”
1 PETRUS 3:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die oë van die Here is oor die regverdiges, en sy ore is oop tot hulle gebede; maar die aangesig van die Here is teen die wat kwaad doen.
1 PETRUS 3:12-13 Die Boodskap (DB)
As julle regtig probeer om goed te leef, sal mense julle gewoonlik nie sleg behandel nie.