1 PETRUS 2:4
1 PETRUS 2:4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet na Christus toe kom, Hy is soos 'n klip wat lewe. Die mense wou nie die klip gebruik om te bou nie, maar God het daardie klip gekies en dit was die belangrikste klip in die gebou.
1 PETRUS 2:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is
1 PETRUS 2:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.
1 PETRUS 2:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is
1 PETRUS 2:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Na wie kom, soos na 'n lewende klip, weliswaar verhinderd deur mense, maar deur God uitverkore en kosbaar
1 PETRUS 2:4 Die Boodskap (DB)
Kom na Jesus toe. Ek wil die voorbeeld gebruik van ’n huis wat gebou word. Jesus kan vergelyk word met ’n steen (behalwe dat Hy leef). Die mense wou Hom nie vir die bou van die huis gebruik nie. God het egter daardie Steen tussen al die ander uitgekies. God het geweet dat daardie Steen baie werd is en het Hom op die beste plek in die huis ingebou.