1 PETRUS 2:1-2
1 PETRUS 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle ophou om enige iets te doen wat sleg is en julle moenie iemand bedrieg nie. Julle moet ook nie skynheilig en jaloers wees en slegte dinge sê van ander mense nie. Klein babatjies wil baie graag melk drink, so moet julle ook graag vol wil word van geestelike dinge. Dit is soos regte melk wat nie vals is nie en wat julle só sal laat groei dat die Here julle sal red.
1 PETRUS 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LÊ dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei
1 PETRUS 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.
1 PETRUS 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing
1 PETRUS 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom moet u alle boosheid en alle bedrog en huigelary en afguns en alle boosheid tersyde stel, Begeer as pasgebore kindertjies na die opregte melk van die woord, sodat julle daardeur kan groei.
1 PETRUS 2:1-2 Die Boodskap (DB)
Maak julle lewe skoon. Raak ontslae van slegte en oneerlike dinge. Moenie agter iemand se rug iets anders wees as wat julle voor hom is nie. Jaloesie bring julle niks in die sak nie, en om sleg te praat van ander nog minder. ’n Babatjie wat pas gebore is, is dors vir ’n bietjie melk. Net so moet julle altyd die skoon, geestelike melk wil hê. Dit sal julle geestelik groot en sterk laat word as mense wat God s’n is.
1 PETRUS 2:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes.