1 PETRUS 1:3-9

1 PETRUS 1:3-9 Bybel vir almal (ABA)

Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, God wat baie goed is vir ons. Jesus Christus het gesterf, maar God het vir Jesus weer laat lewe, en so het God vir ons ook weer laat lewe. Ons het nou 'n nuwe lewe, en daarom kan ons baie seker wees van die dinge wat ons hoop. Ons is seker dat God vir julle alles sal gee wat Hy belowe het. Niemand kan die dinge wegvat wat God gee nie, dit bly dieselfde, dit is nie soos 'n blom wat droog word en verlep nie. God het hierdie dinge vir julle gebêre in die hemel. God is sterk, Hy pas ook vir julle mooi op, julle wat in Hom glo. Hy wil julle red op die laaste dag, julle sal dit sien. Julle moet baie bly wees dat God julle wil red. Julle kry nou baie swaar en julle dink dat julle miskien moet ophou om vir God te dien. Maar julle sal net 'n kort tydjie swaarkry. Hierdie dinge wat julle laat swaarkry, toets julle geloof, en julle geloof is meer kosbaar as goud. Goud bly nie altyd dieselfde nie, maar 'n mens smelt goud in vuur om dit skoon te maak. Wanneer julle swaarkry en wanneer God julle geloof toets, dan sal mense sien dat julle geloof beter is as goud wat mense gesmelt het. Wanneer Jesus Christus weer kom, dan sal julle belangrik wees, God sal julle prys en vir julle eer gee. Julle het nooit vir Jesus Christus gesien nie, maar julle is lief vir Hom. Julle sien Hom nou ook nie, maar julle glo in Hom. Ja, julle is baie bly, 'n mens kan nie met woorde sê of verduidelik hoe bly julle is nie, dit is God wat julle so bly maak. Julle is bly, want julle weet wat julle gaan kry: God sal vir julle red, julle wat in Christus glo.

1 PETRUS 1:3-9 Die Boodskap (DB)

God, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons sy kinders gemaak. ’n Mens staan verstom voor sy geweldige goedheid. God het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is. Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. God bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat God sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie. God het mos bewys dat Hy al die dinge vir ons kan en wil doen toe Hy Jesus uit die dood opgewek het. God hou julle juis nou styf vas sodat niks met julle gebeur wat julle geestelik kan seermaak nie. Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. Vertrou daarom op Hom, want Hy gaan julle kom red. Alles is al reg daarvoor. Op die dag wanneer Jesus weer kom, sal God al die wonderlike dinge wat Hy vir julle reggemaak het, vir julle kom uitdeel. Daarvan kan julle seker wees en daarom kan julle inderdaad baie bly en opgewonde wees. Dit kan gebeur dat daar in julle alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir julle lekker is nie en wat julle geloof op allerhande maniere toets. Moenie dat dit julle van stryk bring nie. Kom ons neem goud as voorbeeld. Geld wat van goud gemaak is, hou natuurlik nie vir altyd nie. Tog doen mense moeite om dit in ’n baie warm vuur te sit om so al die vuiligheid wat in die goud vassit, weg te smelt. So is dit met die geloof ook. Dit moet getoets en suiwer gemaak word. As julle geloof deur al die moeilikhede heen sterk bly, sal daar by die wederkoms van Jesus gesê word watter mooi voorbeeld julle met julle geloof gestel het. Almal sal daaroor praat. Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde.

1 PETRUS 1:3-9

1 PETRUS 1:3-9 AFR831 PETRUS 1:3-9 AFR831 PETRUS 1:3-9 AFR831 PETRUS 1:3-9 AFR831 PETRUS 1:3-9 AFR83